Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
16-jarige Hanco was ‘engel in ons midde’
‘Hy was ons hero.” So het Hanco Viljoen (16), die Oos-Randse kankerlyer wat meer as 100 000 teddiebere vir kinders met kanker ingesamel het, se beste vriend, Jaco Steyn (16), gister op Hanco se begrafnis gesê. Beeld het in 2006 berig hoe Hanco ’n projek begin het waarin hy en sy gesin dié derduisende teddiebere van oor die wêreld heen ingesamel het om aan kankerlyertjies te gee. Kanker is in 2005 by Hanco, toe 13 jaar oud, gediagnoseer. Hy is Vrydag in sy slaap in sy ouerhuis in Kempton Park dood. “Hanco was ’n engel in ons midde. Hy was te besonders om as ’n gewone mens geag te word. Hy was ’n uiters goeie voorbeeld vir sy skoolmaats. Tydens die tydperk van sy siekte het goeie vriende boeties geword, en vreemdelinge vriende,” het Steyn aan vriende en familie gesê wat die NG kerk in Bonaeropark stampvol gesit het. Hanco se ouers, Hendrik (43) en Marinda (43), en broer, Morné (15), het hulde aan hul “persoonlike superman, rolmodel en inspirasie” gebring. “(Hy was) ons sonskynseun wat altyd geglimlag het en nie die kanker toegelaat het om hom of sy skoolwerk onder te kry nie. “Hy het volwassenes laat bewe, hulle laat besef hul klagtes is maar ’n druppel aan die emmer. Met ’n glimlag het hy naalde, bloedtoetse, chemoterapie en bestraling aangepak,” het ds. Deon Holtzhauzen die Viljoens se woorde voorgelees. Morné het gesê hy sal die kort tydjie saam met sy ouboet altyd onthou. “Hanco was lief vir die natuur en dierelewe. Ek weet hy is nou by ons hemelse Koning en kyk uit vir ons, net soos die koning van die wildtuin, die leeu.” Holtzhauzen het gesê Hanco het met sy teddiebeerprojek “die wêreld op ’n formidabele wyse aangeraak”. Die Viljoens is steeds aktief betrokke by Choc, die kinderkankervereniging van Suid-Afrika. Die Viljoen-egpaar dien in die Pretoria-tak van dié vereniging. “Ons wil Hanco se nalatenskap verder neem,” het mnr. Viljoen aan Beeld gesê. “Hy het ander kinders wat aan kanker ly, gehelp en ons gaan aanhou om geld hiervoor in te samel deur die gedenkfonds wat in sy naam gestig is.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|