Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kerk se baba Jesus kry voete ’n dag voor Kersfees
Jan 06 2009 08:22:08:383PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Vader Shaun Mary von Lillienfeld by die pop wat die Jesus-figuur wat gesteel is, moes vervang. Foto: Denzil Maregele
Janice Keogh

“Ons sal maar net harder moet bid.”

So sê vader Shaun Mary von Lillienfeld nadat die Jesus-beeld van sy kerk se Kersuitstalling voor Kersfees voete gekry het.

’n Gemeentelid van die Catholic Cathedral of Christ the King, in Doornfontein in die ooste van Johannesburg, het op die dag voor Kersfees besef die beeld is weg toe sy dié uitstalling wou opmaak.

Sy het inderhaas ’n ander pop gaan koop, maar was ontevrede met die eindproduk.

Nog ’n gemeentelid het te hore gekom van die kerk se penarie en aangebied om sy eie Jesus-figuur aan die kerk te leen. Dié Jesus-figuur is glo 48 jaar gelede deur Sister Aiden, ’n gemeentelid, met die hand gekerf.

Volgens Von Lillienfeld (wat al drie jaar by die kerk is) was die gemeentelede geskok toe hulle van die diefstal gehoor het.

Dit was ook nie die eerste keer dat die kerk onder misdaad deurgeloop het nie. Sy deure word al die afgelope 20 jaar vir veiligheid gesluit en net vir kerkdienste oopgemaak.

In die verlede is daar luidsprekers, brons kandelare en ’n heilige waterfontein uit die kerk gesteel.

Die laasgenoemde twee, sê Von Lillienfeld, is onvervangbaar.

Hy meen die dief wat die Jesusbeeld gesteel het, is iemand wat “Jesus vir homself wou hê”.

Volgens die priester word die beelde in ’n kas in die kerk se musiekkamer (net van die kerkkore het toegang tot dié vertrek) gehou wanneer dit nie gebruik word nie.

Die oorspronklike stel handgekerfde houtbeelde, waarvan die Jesus-figuur deel was, is ongeveer 40 jaar gelede van Duitsland af laat kom. Die kerk beoog om ’n nuwe Jesus-beeld van dieselfde verskaffers – as hulle nog bestaan – te koop.

Von Lillienfeld reken dit sal duur wees, maar is oortuig hulle sal voor Kersfees ’n nuwe Jesus hê.

  • Beeld het vroeër berig dat ook die Jesus-figuur op 23 Desember uit ’n lewensgrootte Kerstoneel voor ’n hotel in die Sweedse dorp Jönköping gesteel is.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |