Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Duisende matrieks wag nog
Jan 06 2009 08:22:05:850PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Matrieks se punte is aangepas, beweer DA
  • Leané du Plessis, Buks Viljoen

    Meer as 10 000 matriekleer-linge landwyd het teen gister nog nie hul volledige eindeksamenuitslae ontvang nie.

    Maar Suid-Afrika moenie bekommerd wees nie, het mnr. Lunga Ngqengelele, nasionale onderwyswoordvoerder, gepaai.

    Hy het die publiek verseker alle uitslae gaan teen einde vandeesweek beskikbaar wees.

    “Ek verseker jou hulle gaan nie teleurgesteld wees nie,” het hy gesê.

    Volgens Ngqengelele het mnr. Duncan Hindle, direkteur-generaal van onderwys, ’n ondersoek van stapel gestuur.

    Intussen sit ouers en leerlinge met die hande in die hare.

    Die mediese toekoms van Char-dette Cohen, voormalige hoofmeisie van die Hoërskool Evander naby Secunda, is moontlik in die gedrang.

    Sy wou die naweek al by haar nuwe blyplek op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se kampus intrek, maar omdat sy nog nie haar wiskundepunte het nie, gaan sy dalk nie keuring kry om medies te studeer nie.

    Nou sit hulle en wag, het sy gesê.

    “Dit frustreer my, want ons kan niks daaromtrent doen nie. Die departement gee ons ook nie antwoorde nie. Ek is al moeg gebid.”

    ’n Dosent aan die UV het bevestig hulle weet van Chardette se situasie, maar kan niks anders doen as om te wag totdat die departement haar punte bekendmaak nie.

    “Ons hoop en bid maar ons kry die punte betyds,” het sy gesê.

    Nog ’n voormalige matriekleerling moes hoor sy aanstelling as leerlingvakman by ’n myn in Lydenburg is in die gedrang weens sy onvolledige uitslae. Juan Landsberg (18) se hande is intussen afgekap.

    Talle leerlinge in Limpopo wag ook steeds op hul uitslae. ’n Ingeligte het gesê in Seshego buite Polokwane het leerlinge nog nie hul punte vir Engels ontvang nie.

    By die Merensky High School in Tzaneen is sommige matriekleerlinge se punte vir landbouwetenskap nog onbekend. Die leerlinge wat Afrikaans as ’n tweede taal geneem het, het ook nog nie hul punte nie.

    Etlike skoolhoofde het eergister na die onderwysdepartement in Polo-kwane gegaan om te probeer uitvind hoekom die punte nog nie beskikbaar is nie.

    “Een van die skoolhoofde het drie uur lank gewag voordat sy gehelp is,” het Beeld se bron gesê.

    Mnr. Ndo Mangala, woordvoerder van Limpopo se onderwysdepartement, het gister nie op talle boodskappe van Beeld gereageer nie.

    Die telefone by die departement is nie beantwoord nie.

    Dit is onbekend wanneer die punteprobleme hier opgelos sal word.

    In Mpumalanga is daar sowat 5 000 leerlinge wat nog nie hul volledige matriekuitslae gekry het nie, het mnr. Jasper Zwane, onderwyswoordvoerder, gesê.

    Volgens hom het skole in die Gert Sibande-distrik (Oostelike Hoëveld) wel gister hul finale uitslae ontvang.

    Zwane het gister beloof alle uitslae en probleme in dié provinsie sal teen Vrydag afgehandel wees.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |