Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Parlementêre leier van DA tree uit
Jan 07 2009 05:49:49:760AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jan-Jan Joubert

Kaapstad. – Mev. Sandra Botha, leier van die opposisie in die parlement, gaan met vanjaar se verkiesing uittree.

Sy bly ’n DA-lid en ondersteuner, en het gister benadruk dat haar besluit niks met die partypolitiek te doen het nie. Dit moet nie as kritiek op haar party of die partyleier, me. Helen Zille, gesien word nie. “Enigeen wat dink dat ek die DA vir ’n ander party sou verlaat, ken my verbasend sleg,” het sy gesê.

Aanduidings dat sy die land in ’n ander hoedanigheid sal dien, is nie deur haar bevestig nie.

Sy het in Mei verlede jaar by mnr. Tony Leon as die DA se parlementêre leier oorgeneem, deels omdat sy goeie betrekkinge met kernleiers in die ANC het. Sy is die eerste vrou in Suid-Afrika se geskiedenis wat tot leier van die opposisie verkies is.

Botha, ’n boervrou van Viljoenskroon in die Noord-Vrystaat, en haar man, mnr. Andries Botha, ’n voormalige Vrystaatse DA-leier wat met die verkiesing as LP uittree, het die DP onder moeilike politieke omstandighede in die Vrystaat opgebou.

Sy is in 1999 tot parlementslid verkies en in 2004 tot voorsitter van die Nasionale Vergadering.

Zille het gistermiddag gesê sy is reeds enkele weke lank bewus van Botha se voorneme.

“Ek sou eerder dat sy aanbly as partyleier in die parlement, maar ek wil nie in haar pad staan waar sy ander ideale het om te verwesenlik nie,” het Zille gesê.

“Ek het volle vertroue gehad om die rol van die parlementêre leier van die opposisie na haar te delegeer.

“Sandra Botha is ’n vrou van formaat. Sy straal gravitas uit, sy staan haar man en sy is volkome beginselvas. Sy is ’n rolmodel vir alle Suid-Afrikaners, en dis spesifiek die groot rol wat sy vir Afrikaans in die politiek toegeëien het wat onvolprese is.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |