Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Trein-ongeluk: 2 DA-raadslede sterf
Jan 06 2009 08:50:13:990PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. André Hunter
Verwante Berigte
  • Treinongeluk: Helen Zille betuig medelye
  • 4 sterf toe trein motor tref
  • Schalk Mouton

    Die familie van twee gesiene DA-raadslede van Ekurhuleni moes uit ’n nuusberig verneem hulle is eergister in ’n treinongeluk buite Stellenbosch dood.

    Me. Rika Hunter (53) en haar man, André (54), is saam met me. Jentina Doubell (51) en mnr. Cor du Plooy (in sy 50’s) op die Vlaebergpad in Lynedoch in die Boland dood toe hulle glo voor ’n trein ingery het.

    Du Plooy was ’n patente-ontwikkelaar.

    Mnr. Hunter se ma, Joan, ’n voormalige LP, was saam met hulle met vakansie in die Kaap, maar het die dag voor die ongeluk teruggevlieg Johannesburg toe.

    “Ons kan glad nie kommentaar lewer voordat ons van die polisie hoor nie. Ons is nog glad nie in kennis gestel nie,” het die egpaar se skoonsuster, me. De?nise Hunter, gistermiddag gesê.

    “ ’n Kapelaan moes ons gisteraand kom sien, maar het nie; dus moes ons dit oor die nuus hoor.”

    Die vier was glo op ’n wyntoer in die omgewing toe die ongeluk gebeur het.

    ’n Treinpassasier, mnr. Donovan Jansen van Stellenbosch, het gesien hoe die trein die wit Volkswagen Polo teen omstreeks 15:05 tref toe dit die treinoorgang probeer oorsteek.

    Me. Hunter was sedert 1995 ’n raadslid in Kempton Park, voordat die Ekurhuleni-metroraad gevorm is, terwyl haar man sedert 2006 as raadslid gedien het.

    Volgens mnr. Eddie Taylor, voorsitter van die DA aan die Oos-Rand, was albei “uitstaande” raadslede.

    “Rika was ’n raadslid met sterk menings, ’n hoë morele karakter en het altyd haar huiswerk gedoen. Mense het geluister wanneer sy gepraat het.”

    Mnr. Hunter was ’n siviele ingenieur én ’n gekwalifiseerde rekenmeester.

    “Dit is vir ons ’n groot skok,” het Taylor gesê.

    “Hulle het albei massiewe bydraes tot die DA en die metro gelewer en ons gaan hulle baie mis.”

    Doubell, ’n fisioterapeut, was die geldinsamelaar vir me. Hunter se kiesafdeling in Kempton Park.

    Me. Patricia Khumalo, speaker van die Ekurhuleni-metroraad, het gesê dit is ’n “hartseer, hartseer, hartseer ding”.

    Volgens supt. André Traut, polisiewoordvoerder in die Boland, kon die vier slagoffers se familielede nie onmiddellik verwittig word nie omdat die slagoffers in ’n gehuurde voertuig gery het, berig Malani Venter.

    “Die registrasienommer kon nie as aanduiding van hul adresse gebruik word nie,” het Traut gesê.

    Nog geen begrafnisreëlings is getref nie.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |