Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Matriek kry sy uitslae, sterf
Jan 06 2009 08:50:13:320PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Koos Marais en sy vrou, Ria, met 'n foto van Jaco. Hy is op 28 Desember oorlede. Foto: Alan Murdoch
Verwante Berigte
  • Unisa tevrede, al sit studente ure lank
  • Duisende matrieks wag nog
  • Matrieks se punte aangepas - DA
  • 'Swak stelsel nié apartheid se skuld'
  • Daniëlla du Plooy
    daniella.duplooy@beeld.com

    ’n Matriekleerling van Noordwes het sy jaar lange stryd teen kanker verloor die dag nadat hy sy uitslae gekry het.

    ’n Halfuur nadat Jaco Marais (18) in ’n hospitaalbed gehoor het hy het geslaag, het hy in ’n koma verval. Hy is die volgende dag dood.

    Hy het ’n onderskeiding in lewensoriëntering behaal en universiteitsvrystelling gekry.

    Jaco, van die Hoërskool Koster in Noordwes, het in Januarie verlede jaar gehoor hy ly aan ’n seldsame soort beenkanker.

    Hoewel hy aanvanklik chemoterapie gekry het, het dokters hom en sy ouers vroeg al voorberei: Jaco sou waarskynlik nie sy matriekjaar voltooi nie, aangesien dié soort sarkoom ongeneeslik is en vinnig versprei.

    “Ten spyte van dié verdoemende nuus het Jaco sy laaste maande ten volle benut. Hy het nog rugby gespeel en tot in pyn die rekord- en eindeksamen geskryf,” het sy pa, Koos, ’n boer, gister gesê.

    Jaco is verlede Sondag, 28 Desember, oorlede en sy begrafnis was Saterdag vanuit die N.G. kerk Swartruggens.

    In Februarie, kort nadat die kanker by hom gediagnoseer is, is sy regterbladbeen verwyder.

    Hy is ook vir gewasse in sy regterlong behandel.

    In April en Mei het hy in Pretoria chemoterapie gekry en sy laaste rugbywedstryde – sónder ’n regterblad en in die voorry – gespeel.

    In Junie is hy weer geopereer om gewasse uit sy longe te verwyder. Dokters het egter aanbeveel dat die chemoterapie gestaak word.

    In September, tydens sy rekordeksamen, het Jaco bestraling gekry vir die pyn.

    “Hy was vasbeslote om sélf elke vak te gaan skryf. Hy het sy regterhand gebruik, al is hy in die hospitaal geleer om links te skryf,” het sy ma, Ria, gesê.

    In Oktober het hy die matriekafskeid saam met sy meisie, Sumaria Rautenbach, bygewoon.

    “Hy wou nog altyd in ’n stroper by die afskeid opdaag en ek het hom in een gevat,” het mnr. Marais gesê.

    In November het hy die matriekeksamen geskryf. Drie van die vraestelle het hy self geskryf en die ander het hy mondelings beantwoord.

    “Sy positiwiteit het ons laat vasbyt,” het sy ma gesê. “Nie een oomblik was hy jammer vir homself nie. Hy het aangehou met jag, trekker ry en op die plaas doenig gebly. Hy het heeltyd moed gehad en gehoop hy sou dalk gesond word. Hy wou aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus LLB Regte studeer en sou koshuis toe gaan.”

    Op 12 Desember is Jaco in ’n hospitaal in Rustenburg opgeneem. Sy longe was so deurtrek van kanker dat hy nie sonder ’n masjien kon asemhaal nie. Hy was oor Kerstyd drie dae lank tuis voordat hy op 26 Desember weer opgeneem is.

    Op 27 Desember het die departement van onderwys sy uitslae met spesiale vergunning ’n dag vroeër bekend gemaak.

    “Hy was so bly dat hy goed geslaag het,” het sy ma gesê.

    Noordwes se onderwysdepartement het Jaco vereer met ’n goue toekenning vir dapperheid en deursettingsvermoë.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |