Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Vloede en weerlig eis 15 in KZN; nóg storms voorspel
Jan 06 2009 08:50:11:180PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Dries Liebenberg

Pietermaritzburg. – Die KwaZulu-Natalse regering het gister ’n beroep op mense gedoen om noodvoorraad soos blikkieskos bymekaar te maak te midde van waarskuwings dat nóg ’n verwoestende storm die provinsie oormôre kan tref.

Dít kom nadat minstens 15 mense dood is toe storms Saterdag ’n groot deel van KwaZulu-Natal getref het.

Meer as 4 000 huishoudings en 12 700 mense is geraak toe die storms die Middellande en die omgewing van Durban, Ixopo en Dundee getref het.

Talle mense is deur weerlig doodgeslaan of het verdrink toe motors deur vloedwater weggespoel is terwyl huise in duie gestort het en dakke afgewaai is.

Dit was minstens die vyfde verwoestende storm wat die provinsie die afgelope twee maande getref het. Minstens 26 mense is altesame dood.

Omgewingskundiges en klimatoloë van die Suid-Afrikaanse Weerdiens gaan die provinsiale regering binne die volgende twee weke toelig oor hoe die verwoesting beter bekamp kan word. “Daar is beslis ’n verband met aardverhitting en klimaatsverandering,” het mnr. Mtholephi Mthimkhulu, LUR vir omgewingsake en waarnemende LUR vir plaaslike regering belas met rampbestuur, gesê.

Volgens die Weerdiens se kantoor in Durban word verspreide donderstorms Vrydagmiddag oor die grootste deel van die provinsie verwag. Daar kon gister nog nie met sekerheid gesê word hoe sterk die storms gaan wees nie.

“Wat doen jy as jy twee ure waarskuwing kry dat ’n verwoestende storm op pad is? Los jy jou huis en alles waarvoor jy jou hele lewe gewerk het net so? En waarheen vlug jy?” het premier S’bu Ndebele gevra.

Hy het gesê hy was diep geraak toe hy die naweek gesien het hoe die kos wat brandarm mense vir die Kerstyd gekoop het, deur modder bedek is.

Ndebele het gevra dat mense voorsorg tref voor Vrydag se storms. “Maak solank blikkieskos bymekaar wat nie sal sleg word nie sodat jy nie ná die storm hoog en droog sit nie.”

Die premier het mense terselfdertyd gevra om hul harte vir die stormslagoffers oop te maak en skenkings van kos, klere, skoene en komberse by die kantoor van die provinsiale rampbestuurspan by Jabu Ndlovustraat 115, Pietermaritzburg, af te lewer. Vloede aan die suidkus en reuse-veldbrande het verlede jaar miljarde rande se skade aangerig. Die storms van die afgelope tyd is volgens Ndebele besig om die provinsiale regering se begroting vir welsyn en infrastruktuur weg te kalwe.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |