Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Kruger-veldwagter kry 2 gebuite motors
Jan 06 2009 08:50:10:600PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mpitsang se geborgde Hummer.
Karen Ebersohn

Die optrede van ’n waaksame veldwagter in die Krugerwildtuin het gesorg dat ’n bekende krieketspeler van die Diamant-Arende se gesteelde motor teruggevind is.

Die bouler Victor Mpitsang se luukse silwer geborgde Hummer en ’n Toyota Land Cruiser Prado – wat in Bloemfontein gesteel is – is albei in die wildtuin gekry waar motordiewe dit na Mosambiek probeer smokkel het.

Mnr. Raymond Travers, woordvoerder van die wildtuin, sê albei voertuie het op 11 Desember deur die Phalaborwa-hek toegang tot die wildtuin verkry.

Hulle is die volgende dag oos van die Satara-ruskamp in die N’wanetsi-gebied in die wildtuin gevind toe ’n veldwagter besluit het om ondersoek in te stel.

“ ’n Veldwagter, mnr. Thomas Ramabulana, het opgemerk die voertuie lyk verdag en hulle probeer voorkeer.”

Travers sê omstreeks 03:00 op 12 Desember het Ramabulana en ander veldwagters die Hummer opgemerk.

“Hulle het die Hummer se bestuurder probeer oorreed om te stil te hou, maar hy het weggejaag.”

Hy sê daarna het die veldwagters op die Hummer begin skiet.

“Sy band is getref en die bestuurder het vermoedelik beheer verloor. Hy en ’n passasier het uitgespring en weggehardloop.”

Travers sê die voorval het naby die Mosambiek-grens plaasgevind en die twee verdagtes het vermoedelik oor die grens gevlug.

Die Toyota is later die dag verlate gevind.

Hy sê die vermoede bestaan dat ’n sindikaat gesteelde voertuie deur die wildtuin na Mosambiek wou smokkel.

Travers sê die veldwagters se optrede verdien baie lof.

“Dit is nie veldwagters se plig om gesteelde voertuie op te spoor nie, hoewel hulle magtiging het. Nietemin het Ramabulana alles probeer wat hy kan om die verdagte voertuie te ondersoek.”

Mpitsang sê hy is bly die voertuig is gevind “al lyk dit asof dit ’n weermagvoertuig is soos hy vol gate geskiet is”.

Hy sê die enigste goeie ding wat hieruit gekom het, is dat dit mens van misdaad bewus maak.

Hy sê hy het al ’n nuwe geborgde motor, ’n Opel Astra, by Auto Premier, ontvang.

“Dis nou nie die Hummer nie. Maar dit ry baie lekker. Dis omtrent my tweede gunsteling voertuig.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |