Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Almal in trane toe offisier gesneuwelde se foto salueer
Jan 06 2009 08:50:08:757PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Warren Lotter (20)
Tisha Steyn


Mosselbaai. – ’n Roudiens is gister hier gehou vir ’n oudleerling van die Hoërskool Punt wat op Oujaarsdag as Amerikaanse soldaat in ’n hospitaal in Balad, Irak, gesterf het.

Hy is in Afganistan deur ’n skerpskutter geskiet.

“Warren Lotter (20) het hom ná skool by die Amerikaanse weermag aangesluit en in Afganistan diens gedoen, waar hy deur ’n skerpskutter gewond is,” het mnr. Harry Gird, ’n afgetrede onderwyser van dié hoërskool, gesê.

“Dit was een van die aandoenlikste roudienste wat ek tot nog toe bygewoon het en die kerk was volgepak.

“Verskeie lede van die Amerikaanse ambassade het spesiaal vir die diens in die NG Moedergemeente na Mosselbaai gereis.

“Almal in die kerk was in trane toe ’n Amerikaanse offisier Warren se foto voor in die kerk gesalueer het en toe mense in die kerk ’n kers vir hom aangesteek het.”

Warren het in 2006 gematrikuleer. Gird was sy wiskunde-onderwyser.

Volgens Gird was Warren ’n puik skut. “Hy was so trots daarop om ’n soldaat te wees. Maar in Afganistan was hy nie net ’n soldaat nie, hy was ook ’n mens-mens. Hy het glo gereeld met die kinders van die gemeenskappe waar hy geplaas was, kontak gemaak. So ’n soort mens was hy.”

Warren se ouers, mnr. Roelf Lotter en sy vrou, Marlene, was gister besig om reëlings te tref vir hul vertrek na die VSA om sy begrafnis by te woon.

Mnr. Paul Patin, ’n woordvoerder van die konsulaat, het gesê Lotter sal binnekort in die bekende helde-akker in Arlington, Virginia, begrawe word – die laaste rusplek van duisende Amerikaanse soldate.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |