Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Beweerde bedrog ry gesin se seevakansie byna in die wiele
Jan 06 2009 08:52:41:413PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Marietie Louw-Carstens

Polokwane (Pietersburg). – ’n Beweerde swendelaar het ’n Limpopo-gesin se Kersvakansie by die see byna in die wiele gery.

Mnr. Marius Pretorius van Mokopane (Potgietersrus) sê egter hy het besluit dat hulle ondanks dié probleme wél gaan vakansie hou, “al moet ek my motor verkoop”.

Pretorius en sy vrou, Wendy, het vroeg in November op ’n advertensie in Beeld gereageer waarin ’n mnr. Gerrit Lamprecht van Hartenbos ’n vakansiemeenthuis in dié dorpie verhuur.

Volgens Pretorius het hy ’n deposito van R5 600 in Lamprecht se bankrekening inbetaal. Hulle sou van 22 Desember tot 3 Januarie in die meenthuis bly. Beeld is in besit van ’n e-pos wat Lamprecht op 4 November ter bevestiging aan mev. Pretorius gestuur het.

Op 22 Desember was die Pretorius-egpaar en hul dogter, Cindy, wat verlede jaar matriek geslaag het, na Hartenbos op pad.

“Toe ons al in Colesberg was, bel hy en sê hy is baie jammer, maar die woonstel is nie meer beskikbaar nie. Ek was woedend – as ek hom toe in die hande gekry het, sou ek sy kop van sy lyf af slaan,” het Pretorius gesê.

Die gesin het besluit om hulle nie van stryk te laat bring nie en het in Mosselbaai op baie kort kennisgewing ander vakansieverblyf gekry – teen R1 600 per dag. Pretorius het die saak by die Mosselbaaise polisie aangemeld. Hier het hy van nog ’n vakansieganger gehoor wat glo deur dieselfde man bedrieg is.

Mnr. Dewald le Grange van Centurion het ook vroeg in November op die advertensie gereageer vir die meenthuis in die San-Michele-kompleks in Hartenbos. Hy het ’n R4 000-deposito in Lamprecht se rekening betaal.

Le Grange het op 24 Desember, die dag waarop hulle die meenthuis sou betrek, die balans van R3 200 oorbetaal.

“Kort daarna toe bel hy en sê hy hy is baie jammer, maar die woonstel is nie meer beskikbaar nie. Hy het gesê hy sal die geld terugbetaal, maar ek twyfel of dit gaan gebeur.”

Die Le Granges moes toe ook maar betaal vir ander vakansieverblyf. Volgens Le Grange bestaan die meenthuiskompleks wel, maar het Lamprecht nooit ’n nommer van die eenheid verstrek nie. Le Grange het dié voorval ook by die Mosselbaaise polisie aangemeld en dáár gehoor van tientalle ander gesinne wat glo deurgeloop het.

Lamprecht se selfoonnommer in die advertensie het gister onbeantwoord gebly. Kapt. Jacques Bosman van die Da Gamaskop-polisiekantoor in Mosselbaai het bevestig die polisie ondersoek sowat 20 sake hieroor. Hy het gesê Lamprecht is nie die eienaar van die woonstel wat hy glo geadverteer het nie.

Enigiemand met inligting kan insp. Adel Nortjé, die ondersoekbeampte, by 079 893 9934 of 044 606 2200 bel.

  • mlouw1@beeld.com


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |