Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Man vas wat glo vrou se keel by padstal afsny
Jan 08 2009 08:48:18:073PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

’n Man wat hom as ’n klant voorgedoen het, het ’n vrou se keel by ’n padstal naby Mokopane (Potgietersrus) afgesny.

Die polisie het ’n 30-jarige man in verband met die moord op me. Stephina Ledwaba (50) van Ga-Madiba, buite Mokopane, in hegtenis geneem, het supt. Mohale Ramatseba, woordvoerder, gesê.

Haar bebloede lyk is eergistermiddag laat in die padstal op die Rooipoort-plaas buite Mokopane gekry.

Die verdagte het hom vroeër die dag glo as ’n kliënt voorgedoen. Toe Ledwaba, wat in die padstal werk, hom wou help, het hy haar glo eers met ’n mes naby haar keel gesteek en toe haar keel afgesny.

Hy het met ’n onbekende bedrag gevlug. Ramatseba het gesê die polisie het ’n reuse-soektog na die man begin en hy is eergistermiddag vasgetrek op die plaas waar die padstal is.

Hy het glo op die plaas weggekruip.

Volgens Ramatseba het die man glo vroeër op die plaas gewerk. Die man sal vandag in die Mokopane-landdroshof verskyn. – Marietie Louw-Carstens


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |