Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Skurke stenig man, verkrag vrou nadat hulle nie geld in plaashuis kry
’n 80-jarige man is Sondag met klippe doodgegooi waarna sy moordenaars sy 49-jarige vrou verkrag het. Een moordenaar het glo die vrou twee maande gelede ook verkrag, het konst. Mpho Koli van die polisie op Hazyview gesê. Volgens Koli het die egpaar tydens middagete voor hul huis op ’n plaas naby die Krugerwildtuin se Phabeni-hek gesit toe hulle oorval is. “Die mans het geld gesoek. Toe hulle niks kry nie, het hulle die man gestenig.” Albei aanvallers het die vrou verkrag voordat hulle op die vlug geslaan het. “Sy het een van die aanvallers uitgeken as dieselfde persoon wat haar in November 2008 ook verkrag het,” het Koli gesê. Die verdagtes is steeds soek. – Buks Viljoen
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|