Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Fietsryer in nek gesteek
’n Pretoriase fietsryer het op sy ma afgekom waar sy bewusteloos en bebloed in die veld langs haar fiets gelê het nadat sy in die nek gesteek is. Me. Mathilda Barnard (39), wat in Pierre van Ryneveld woon, kon nog nie vertel wat tydens die aanval eergister gebeur het nie. Sy is onder verdowing in die waaksaal van die Unitas-hospitaal in Centurion. Sy is die sekretaresse van mnr. Koos van Rensburg, ’n Pretoriase prokureur wie se dogter, me. Estée van Rensburg (19), verlede jaar in haar ouerhuis in Faerie Glen vermoor is. Mnr. John Williams (61) het gister vertel hy en Barnard, sy aanstaande skoondogter, oefen die laaste paar maande hard nadat hulle ingeskryf het vir die Sani 2 Sea-bergfietswedren wat volgende maand plaasvind. Woensdagmiddae ry hulle van die Doringkloof-winkelsentrum saam met ’n Centurionse bergfietsklub. “Ek het haar Woensdagmiddag ge-SMS en gevra of sy (saam met ons) gaan ry en sy het ja gesê,” het Williams vertel. “Omstreeks 16:40 het ek haar gebel, maar haar selfoon het net gelui. Die groep het besluit om te ry. Ons het gedink sy sal by die treinspoor vir ons wag. Dis op haar pad na die winkelsentrum toe. “Voor die N1-hoofweg is daar ’n voetpaadjie wat ons tot by die treinspoor ry.” Hulle het Barnard se water-rugsak op dié paadjie gevind. “Mathilda se seun, Morné (20), het voor in die groep gery en op sy ma afgekom. Sy het bewusteloos langs ’n doringdraad gelê langs haar fiets. Sy het ’n steekwond aan die linkerkant van haar nek gehad en daar was bloed aan haar regterarm en -been.” Volgens Williams het ’n ouerige man by Barnard gesit. Hy het glo op haar afgekom, iemand gestuur om hulp te soek en by haar gewag tot hulp opdaag. Net Barnard se selfoon is weg. “Ek is kwaad. Baie kwaad. Hoekom was al die geweld nodig? Hoekom is dit nodig om haar te steek vir ’n selfoon?” het Williams gesê. Barnard trou in Augustus vanjaar met mnr. Grant Williams. Sy het ook ’n dogter, Odette (16). Dir. André Wiese, stasiebevelvoerder van die Lyttelton-polisiekantoor, het gesê ’n saak van roof word ondersoek. Barnard kan nie haar linkerarm en -been beweeg nie, al het sy gevoel in dié twee ledemate. Dit is vermoedelik weens die swelling wat deur die steekwond veroorsaak is.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|