Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Gapende wond aan boervrou se keel
Jan 12 2009 09:29:53:887PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Buks Viljoen


’n Boervrou van Nelspruit, mev. Saar Holtzhauzen (64), is eergister onder raaiselagtige omstandighede in haar plaashuis vermoor.

Die geweerkluis in die huis se sleutel was steeds in haar hand toe haar lyk ontdek is.

Selfs haar bakkie en huis se sleutels het steeds in die agterdeur gehang.

“Sy het nie ’n vyand in die wêreld gehad nie,” het haar seun, Ben, gister gesê.

“Sy was altyd so liefdevol en sag. Dat dit nou met haar moes gebeur, is onmenslik en ondenkbaar.”

Volgens supt. Gerrie Agenbach, speurtakbevelvoerder van die polisie op Nelspruit, was ’n forensiese taakspan gister steeds besig om die huis vir leidrade te fynkam.

Mev. Holtzhauzen se lyk is eergister kort ná 13:00 in haar huis op die plaas Rietfontein by Alkmaar sowat 15 km buite Nelspruit gekry.

Daar was ’n gapende wond aan haar keel.

Mev. Holtzhauzen het glo ’n afspraak vir middagete by die bure gehad. Toe sy nie opdaag nie, het hulle haar probeer bel.

Daar was geen antwoord nie. Hulle het na die plaashuis gery om haar te gaan soek.

Hier het hulle haar dood in die gang aangetref. Haar selfoon het ook nog langs haar gelê.

Daar was ook merke aan haar gesig. Die vermoede bestaan dat haar aanvaller haar met ’n mes in die gesig gesteek het.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat sy dalk met een van haar eie kombuismesse vermoor is. Agenbach sê die motief vir die gru-moord is steeds duister. Verskeie plaaswerkers is reeds ondervra.

“Omstandighede is baie raaiselagtig. Die deure van die huis het oopgestaan en daar is geen opsigtelike tekens van ’n struweling nie.”

Behalwe vir ’n rekenaar en ’n mes, word niks uit die huis vermis nie.

Mnr. Dave Fourie, bestuurder van J&M Sekuriteit, sê die Holtzhauzens was lank van hul kliënte.

“Ons het ook in geen stadium ’n panieksein van haar af gekry nie.”

Mev. Holtzhauzen se dogter, Elize Holtzhauzen en dié se dogtertjie, Ané, het saam in die huis gewoon. Sy was ten tye van die moord op besoek aan Kaapstad.

Mev. Holtzhauzen se man, die bekende Laeveldse tuinboukundige en makadamia-boer, prof. Kas Holtzhauzen, is sowat ses maande gelede oorlede.

Sy word Saterdag om 11:00 vanuit die NG kerk op Alkmaar begrawe.

Enige inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan aan supt. Agenbach by 013 759 1110 deurgegee word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |