Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

17-jarige in hof ná moord op boervrou
Jan 19 2009 11:19:28:650PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Buks Viljoen


’n Minderjarige seun wat op die plaas van die vermoorde boervrou mev. Saar Holtzhauzen (64) gewoon het, is verlede Vrydag vir haar moord in hegtenis geneem.

Holtzhauzen is voorverlede Sondag dood in die gang van haar huis aangetref.

Daar was ’n gapende wond aan haar keel. Die wond is waarskynlik met een van haar eie kombuismesse veroorsaak.

Die 17-jarige verdagte woon in ’n kampong (waar plaaswerkers woon) op Holtzhauzen se plaas Rietfontein, naby Alkmaar buite Nelspruit.

Hy het op ’n naburige plaas gewerk.

Hy is op dié plaas deur J&M Sekuriteit, wat verantwoordelik is vir die beveiliging van mev. Holtzhauzen se plaas, en die polisie aangekeer.

Die 17-jarige het die polisie na ’n huis in die Pienaar-woongebied naby Nelspruit geneem waar bebloede klere gevind is.

Die klere is vir forensiese ontleding gestuur om te bepaal wie se bloed daarop is, sê insp. Dawie Pretorius, polisiewoordvoerder.

’n Tweede verdagte, ’n Mosambieker wat in die huis naby Nelspruit woon, is steeds soek.

Hy is glo die naweek op ’n plaas naby die moordplaas opgemerk, sê mnr. Hendrik Botha van J&M Sekuriteit.

Die vermoede bestaan dat hy intussen na Mosambiek gevlug het.

Niks behalwe ’n rekenaar en die kombuismes is tydens die moordtog uit Holtzhauzen se huis gesteel nie.

Selfs haar selfoon was nog langs haar lyk en die geweerkluis se sleutel in haar hand.

Die 17-jarige het gister vlugtig in die hof op Nelspruit verskyn.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |