Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Bejaarde vrou wreed aangerand, huis geplunder op hoewe
Potchefstroom. – In die tweede ernstige hoewe-aanval binne twee dae hier het ’n 86-jarige vrou sowat 14 uur lank vasgebind met ’n strykysterkoord in haar badkamer op hulp gelê en wag. Die bejaarde vrou het verskeie sny- en kneuswonde in die aanval opgedoen en was erg ontwater toe sy om 13:00 gekry is, het mnr. Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê. Insp. Wilmarie van der Merwe, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, is eergister omstreeks 23:00 in haar slaapkamer in haar huis op ’n Mooibank-kleinhoewe oorval. Die Mooibank-kleinhoewes is skaars 10 km van die Mooivallei-kleinhoewes waar mnr. Johan Meyer (56) Woensdagaand in die kombuis van sy huurhuis doodgeskiet is. Sy vrou en ’n vriendin het op sy lyk in ’n plas bloed afgekom nadat die vriendin wakker geword het van ’n lawaai. Volgens Van der Merwe het twee aanvallers met messe die lig in die bejaarde vrou se kamer aangesit. Sy was toe glo reeds wakker van die lawaai wat hulle in die huis gemaak het. Die vrou is met die messe gesteek en aangerand, waarna sy met die strykyster se koord vasgebind is. “Sy het dit, nog steeds vasgebind, reggekry om na die badkamer te vlug en haarself toe te sluit. Sy het daar gebly totdat hulp opgedaag het,” het Van der Merwe gesê. Die aanvallers het die huis glo geplunder, maar dit is nog nie seker wat alles vermis word nie. Die aanvallers het deur ’n kombuisvenster gevlug wat hulle gebreek het om by die huis in te kom. Die vrou se huishulp het volgens Vermaak op haar afgekom en ’n familielid gebel wat ER24 op haar beurt gebel het. Paramedici het haar nog in die badkamer gekry. Hulle het die voorval as “brutaal” beskryf. Die polisie krap intussen nog kop oor die motief vir die moord op Meyer. Niks word oënskynlik uit sy huis vermis nie. Geen moordwapen of ander bewyse wat op ’n moontlike verdagte kan dui, is in die huis gevind nie. Meyer was ’n vennoot in ’n familie-onderneming wat kringtelevisiekameras installeer.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|