Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Beesvreterleeus geskiet
Ses leeus wat Vrydagnag ’n bees naby Hazyview in Mpumalanga doodgebyt het, is gister vrekgeskiet. Lede van die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MTPA) het eergister begin om die digte bosse in die trustgebied langs die Sabi Sand-natuurreservaat vir dié roofdiere te fynkam. Die diere het Vrydagnag uit die reservaat geglip nadat ’n trop dominante leeumannetjies hulle glo in die reservaat aangeval en verwilder het. Hulle het gedurende die nag ’n bees in een van die stamhoofde se kraal by die Dumphries C-nedersetting naby Nkuhlu gevang en opgevreet. Die vlugtende trop het uit sewe diere – twee volwasse wyfies en vyf mannetjies – tussen 18 maande en twee jaar oud bestaan. Almal behalwe een jong mannetjie is gistermiddag opgespoor en geskiet, het mnr. Jan Muller van die MTPA gistermiddag gesê. Die trop leeus het glo Vrydag uit die reservaat gekom nadat die grensdraad op die Sandrivier die afgelope week tydens ’n vloed in die slag gebly het. Die rivier loop tans met die vloede op plekke tot 200 m breed. Muller het gesê hul pogings eergister om die leeus na die Sabi Sand-reservaat terug te jaag, was vrugteloos. “Die gebied is geweldig ruig en omdat hier ook baie mense in die gebied woon, was ons bang mense se lewens word in gevaar gestel.” Daar is toe besluit om die trop leeus van kant te maak. Twee jaar gelede is ’n trop leeus ook tydens ’n soortgelyke voorval geskiet. ’n Trop van 11 leeus het in April 2007 op dieselfde plek uit die reservaat gekom. Toe het hulle 36 beeste van die Dumphries-gemeenskap gevang en vrekgemaak. Verskeie van die leeus in dié trop is toe ook vrekgeskiet.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|