Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||||
|
'Nie lekker om lewensmaat te verloor'
“Ek gaan my man baie mis, veral sy geselskap en ons tye wat ons saam gewerk het.” So het die vrou van die wildveearts wat langs haar doodgeskiet is, gister gesê kort voordat sy sy lyk gaan uitken het. “Dit is nie lekker om jou lewensmaat te verloor nie.” Mev. Marilise Meyer (34) is ’n veeartsenykundige assistent wat saam met haar man, dr. Paul Meyer (38), gewerk het. Hulle was sowat anderhalf jaar getroud. Sy het gesê dit is onverklaarbaar dat sy nou sukkel om hul bakkie uit Mosambiek te kry, terwyl hul aanvallers so maklik daarmee oor die grens kon vlug. Sy kan dit blykbaar nie sonder die voertuig se dokumente terug in Suid-Afrika kry nie. “Ek kan dit nie verstaan nie, want daar was geen dokumente toe die voertuig oor die grens is nie,” het sy kwaad gesê. Hul aanvallers het die bakkie in Mosambiek agtergelaat en gevlug. Verskeie van hul persoonlike besittings wat geroof is, is ook teruggekry, het sy gesê. Hul ander bakkie is kort ná die moord en rooftog in die Krugerwildtuin gekry. Vier gewapende mans het die Meyer-gesin en hul vriende, mnr. Pierre en mev. Sue Gallagher, Dinsdagaand in die gesin se kombuis op ’n plaas naby die Selati-wildreservaat oorrompel en in die Meyers se twee bakkies ontvoer. Naby die reservaat se hoofhek is dr. Meyer geskiet toe hy vermoedelik die wapen uit die een rowers se hande probeer gryp het. Sowat 70 km verder het die rowers van die teerpad afgery en die bakkies se opsporingstoestelle verwyder. In dié tyd moes mev. Meyer haar baba, Wouter (ses maande), borsvoed om hom stil te hou. Omstreeks 04:30 het die rowers met die bakkies en hul buit gevlug en die slagoffers agtergelaat. Mev. Meyer en Wouter woon tans by vriende in Gravelotte. Sy het gesê haar blou linkeroog, kop en skouer is nog seer waar sy met ’n pistool geslaan is, asook haar stuitjie, waar die aanvallers haar met ’n bobbejaansleutel geslaan het.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|