Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Tronk toe met jou, sê Jurie
Feb 12 2009 09:18:39:837PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Korrespondent

Kaapstad. - Die uitgeweke sanger Jurie Els wil hê die redakteur van Huisgenoot, me. Esmaré Weideman, moet tronk toe gaan weens beweerde minagting van die hof.

Hy voer ook aan dié gesinstydskrif was “sensasiegedrewe” en het hom belaster in sy dekking van die Robbie Klay-sage.

Weideman en Huisgenoot/You ontken Els se aantygings teen hulle.

Klay het in Februarie verlede jaar die tonge laat klap toe hy in ’n onderhoud met Beeld beweer het ’n bekende Suid-Afrikaanse sanger het hom oor ’n tydperk seksueel gemolesteer.

Hy het nie die sanger se naam genoem nie, maar net van “die oom” gepraat. Enkele dae later het Huisgenoot/You se beriggewing oor Klay se bewerings onthul “die oom” is na bewering Jurie Els.

Hoe dit gebeur het, ondanks ’n dringende hofbevel wat moes keer dat Els as “die oom” onthul word, is die kruks van die geding tussen Els en Huisgenoot/You wat gister in die Kaapse hooggeregshof begin het.

Els vra dat Weideman, Media24, eienaar van Huisgenoot/You, en me. Izelle Venter, toenmalige Gautengse redakteur, weens minagting van die hof skuldig bevind word.

Els het op 13 Februarie verlede jaar ’n tydelike interdik in die Randse hooggeregshof verkry om ’n artikel te keer waarin Klay beweer Els het hom gemolesteer.

Huisgenoot het die artikel gepubliseer, maar Els se naam oral uitgeblok. Els voer aan sy identiteit is bekend gemaak deurdat Weideman in haar redakteursbrief sy naam genoem het. Dit kom neer op minagting van die hofbevel. Weideman ontken dit.

Haar vertolking van die bevel was dat die publikasie van die artikel as ’n geheel verbied is en nie dat die publikasie van gedeeltes daarvan belet is nie.

Weideman sê sy het nie in haar redakteursbrief aangedui die persoon in die artikel is Els nie. Lesers van die artikel kon ook nie redelikerwys so ’n afleiding maak nie.

Els sê dié argument is “onoortuigend” en “ooglopend vals”.

In hofstukke haal Els aan uit die redakteursbrief waarin staan: “Jy sal weet dat die sanger Jurie Els ’n tydelike interdik aangevra het teen die publikasie van die artikel, waarin die jong sanger Robbie Klay vertel hoe hy as kind en oor vele jare seksueel gemolesteer is deur ’n bekende in die Afrikaanse musiekwêreld... Die naam van die mens wat die interdik aangevra het, mag wel bekend gemaak word.”

Els voer aan enige leser wat die redakteursbrief lees saam met die artikel waarin sy naam uitgeblok is, sal die afleiding maak “dat Jurie Els inderdaad die beweerde molesteerder is”.

Regter Daniel Dlodlo het uitspraak voorbehou.

Klay het sy opspraakwekkende uitlatings gemaak kort nadat Els en sy vrou, die Olimpiese hoogspringer Hestrie Cloete, saam met hul dogtertjie, Chrizette, in Nieu-Seeland gaan woon het. Intussen het hulle ook ’n seuntjie, Jason, gekry.

Hestrie het verlede jaar in onderhoude uit Nieu-Seeland gesê die sage het hul lewe “hel” gemaak. Jurie se CD’s is van winkelrakke in Suid-Afrika onttrek en hy het die bekendstelling van ’n nuwe CD uitgestel. ’n Beoogde konserttoer deur Nieu-Seeland en Australië is afgestel en Jurie het groot geldelike skade gely.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |