Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Soldate moenie polisie se werk doen – Lekota
Feb 17 2009 09:02:36:860PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Deon Lamprecht

Mnr. Terror Lekota, president van Cope, steun nié die herinstelling van die kommandostelsel van die voormalige Suid-Afrikaanse Weermag om die platteland en die land se nasionale grense te beveilig nie.

Lekota het gister tydens ’n omvattende gesprek met Afrikaanse politieke ontleders en joernaliste in Johannesburg gesê soldate moet nie die polisie se werk doen nie.

“Ons het tydens die Kodesa-onderhandelinge ooreengekom dat daar net een owerheid (die Suid-Afrikaanse Nasionale Polisiediens) met arrestasieregte kan wees.”

Om burgerlikes in die hande van soldate te plaas kan “rampspoedig” wees. Lekota vrees soldate kan onnodige geweld teen burgerlikes gebruik en hul menseregte ontken omdat hulle nie vir polisiëringstake opgelei is nie. Die oplossing is ’n groter, beter opgeleide en goed toegeruste polisiediens.

Op ’n vraag waarom hy as oud-minister van verdediging die kommando’s ontbind het, het Lekota gesê hy het bloot die opdrag van die ANC-regering uitgevoer. “Ek was wel gekant teen die manier waarop dit gedoen is . . . ek wou hê die kommando’s moet uitgefaseer word namate die polisiediens vergroot word.”

Lekota is veral bekommerd oor die verpolitisering van die weermag en die polisie. “Dis wat hulle (die ANC van mnr. Jacob Zuma) gaan doen as hulle die komende verkiesing wen; dis wat hulle wil hê – ’n ANC-gesinde polisie en leër sodat hulle nooit die bewind aan enige ander party sal hoef te oorhandig nie.”

  • Cope wil die grondhervormingsproses versnel, maar mense moet eers opgelei word om te boer voordat hulle grond en landboutoelaes kry. “Ons arm plattelandse gemeenskappe moet hulself kan voed.”

  • Die ANC se skuif om mnr. Carl Niehaus te herontplooi eerder as om hom uit te skop is “tipies van hoe die regerende party korrupsie toesmeer”, het Lekota gesê.

  • Daar is steeds geen duidelikheid oor wie Cope se presidentskandidaat gaan wees nie – Lekota of sy adjunk, mnr. Sam Shilowa, oudpremier van Gauteng. “Ons sal môre op ’n spesiale komiteevergadering besluit hoe ons dié proses gaan hanteer.”


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |