Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Duisende staatswerkers dalk met pensioen gekul
Duisende lede van die pensioenfonds vir staatamptenare is moontlik weens ’n “beduidende stelselgebrek” deur regeringsamptenare uitgebuit. Die Openbare Beskermer (OB) sê in ’n verslag dis onrusbarend dat die optrede van sekere rolspelers in die regering ’n aansienlike invloed op die “pensioenbelange” van sy ongeveer 1,1 miljoen lede kan hê. Dis meestal oudpolisielede wat aan die kortste ent trek. Adv. Lawrence Mushwana, die OB, het gesê dit het aan die lig gekom dat geld in talle gevalle onwettig uit polisielede se pensioenfonds onttrek word wanneer hulle aftree. Die ondersoek is begin toe insp. Nerine Niemand die OB genader het nadat 500 dae se siekverlof as “onbetaalde verlof” uit haar pensioen verhaal is omdat dit glo nie goedgekeur is nie. Die OB het bevind daar is in dié geval nie aan wetgewing oor die Government Employees Pension Fund (GEPF) voldoen nie. Die OB het later soortgelyke klagte ontvang. Mushwana het gesê hulle vermoed dat daar duisende sulke gevalle is en dat die omvang groter is. In een geval wat die OB ondersoek, het ’n polisielid by aftrede verneem hy moet uit sy pensioenfonds vir ’n polisiemotor betaal waarmee hy byna tien jaar gelede in ’n botsing betrokke was. Die verslag lui “skuld” word in gevalle afgetrek sonder dat die werknemer daarvan in kennis gestel word. Volgens die OB het die GEPF aangedui hy sal sy beleid in heroënskou neem. Die OB het gesê sy kantoor is versoek om die verslag van die media te weerhou. Hy wou nie onthul van wie die versoek kom nie, maar Beeld het vertroulik verneem dis van die GEPF.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|