Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||||
|
'Ons is nie reg om te vergewe'
“Ons is nog nie reg om te vergewe nie.” So het mnr. Henk Myburgh van Bronkhorstspruit, oos van Pretoria, gister gesê oor die aanval op en ontvoering van sy vrou, sy ma en dié se huiswerker. Vermoedelik die tuinier en ’n makker het mev. Anna Jacoba Myburgh (55) en me. Paulina Moyana (26) eergisteroggend oorval. Hulle het Myburgh sr. onder meer met ’n strykyster gebrand. Toe mev. Edri Myburgh (26) daar aankom, is sy saam ontvoer. Die ontvoerders het ure lank met die vroue rondgery voordat hulle die Myburgh-vroue op die Spitskop/Sarita-pad geskiet en vir dood agtergelaat het. Daarna het hulle ’n ongeluk gemaak terwyl hulle gestry het oor wat om met Moyana te doen. Sy is nou in die onderlyf verlam en in die Steve Biko-hospitaal, waar sy toetse ondergaan. ’n Koeël het gister nog in Myburgh sr. se kop vasgesit. Sy is ook erg aangerand en met ’n mes in die hakskeen gesteek. Myburgh jr. is in die mond geskiet. Haar man het gesê die koeël is tussen haar neus en lip deur en het haar linkerkakebeen vergruis. Dit sit nou agter haar oor vas waar die kakebene bymekaarkom. “Haar hele kakebeen sal herbou moet word. Ons weet ook nog nie of sy verkrag of gemolesteer is nie.” Sy het kaalvoet en net in haar onderklere sowat 15 km ver gestap voordat ’n boer van die omgewing haar opgelaai en hospitaal toe geneem het. “Ek smeek die regstelsel om hulle lewenslank tronk toe te stuur,” het haar man gesê. “Dit sal nie my vrou beter maak nie, maar dit gaan so ’n bietjie help. Hulle was te wreed. Dit was wraak.” Volgens ’n betroubare bron het Moyana in Desember vir Myburgh sr. begin werk nadat die tuinier se ma haar aan die gesin voorgestel het. “Die tuinier se ma het siek geword en Moyana gestuur om in haar plek te werk. Toe die ma egter in Januarie wou terugkom werk toe, het die Myburghs geweier om haar terug te neem en besluit om Moyana aan te hou,” het die bron gesê. Kapt. Simon Petrus Mashiloane, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes sal waarskynlik vandag in die hof op Bronkhorstspruit verskyn op aanklagte van onder meer poging tot moord, ontvoering, die besit van ’n onwettige vuurwapen en roof.
|
|||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|