Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Mesaanval was poging tot moord, sê stiefpa
Feb 23 2009 08:13:30:993PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Alet Rademeyer

Die stiefpa van die leerling van die Hoërskool Warmbad in Bela-Bela wat verlede Vrydag verskeie kere met ’n mes gesteek is, wil hê die oortreder moet van poging tot moord aangekla word.

Die oortreder (16) is kort nadat die voorval op die skoolterrein plaasgevind het na die polisiekantoor op die dorp geneem waar hy ’n verklaring afgelê het. ’n Klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer is ingedien.

Die stiefpa het gister gesê hy meen die oortreder moet van poging tot moord aangekla word omdat sy seun na bewering ook verskeie kere deur die oortreder gedreig is.

Die oortreder het glo ook “vingertaal” gebruik om die slagoffer te dreig.

Volgens die stiefpa is sy seun nie vier keer gesteek soos die skool vroeër bekend gemaak het nie, maar wel agt keer. Hy het steekwonde onder sy linkeroog, by sy linkerslaap, op sy bors en rug opgedoen asook verskeie snywonde op sy rug.

Die stiefpa het gesê hy stem ook nie met die hoof, mnr. Spikkels de Wet, saam dat die voorval ’n gewone onderonsie tussen seuns was nie.

“Dit was wat ons betref ’n rasse-aanval.”

Hy het gesê baie ouers voel bekommerd oor hul kinders se veiligheid en meen die skool moet die oortreder summier skors.

De Wet het gister gesê die si-tuasie by die skool is rustig en die ouers kalm. Die slagoffer was gister terug by die skool. Hy het aan Beeld gesê dit gaan goed met hom.

Die oortreder, wat deur ’n tugproses sal moet gaan, het gister in die hof op die dorp verskyn waar sy saak vir verdere ondersoek tot 10 Maart uitgestel is.

Sr.supt. Marinda Theron, plaaslike polisiekantoorkommissaris, het gesê die stiefpa is welkom om na die polisiekantoor te kom.

Volgens haar is die aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer reeds baie ernstig. Poging tot moord is nie ter sprake nie omdat die elemente van so ’n daad nie teenwoordig was nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |