Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Kampus-amok kring uit
Dít was Maandag die jongste grief op'n lys van betogende studente wat verskeie kampusse die afgelope twee weke geplunder en onderrig onwrig het. Die geweld het Maandag na die Universiteit van Johannesburg (UJ) uitgekring toe studente van die voormalige Technikon Witwatersrand (TWR), wat nou deel van die UJ is, luidkeels teen Afrikaans betoog het op die ou TWR-kampusse in Auckland Park en Doornfontein, asook die Oos-Rand-kampus (vroeër die Vista-universiteitskampus). Alicestine October berig mnr. Xolani Fakude, studenteraadsvoorsitter, het gesê studente gaan die UJ "onregeerbaar" maak as daar nie aan hul eise gehoor gegee word nie. Intussen het die universiteitsbestuur die veiligheidsmaatreëls verskerp by die Kingsway-kampus (die ou RAU-kampus), waar die studente Dinsdag 'n optog beplan. "Ons is oop en ontvanklik om te luister na griewe, maar besware sal op meriete beoordeel word," het me. Sonia Cronjé, kommunikasiewoordvoerder, gesê. Die studente eis onder meer busvervoer tussen kampusse, verlaagde administrasietariewe, die instelling van 'n tussentydse sentrale studenteraad met gelyke verteenwoordiging en die afskaffing van 'n koste van R180 om hereksamens te skryf. Die oproer by die UJ volg op 'n week van drama en hoogspanning by die Tshwane-universiteit van Tegnologie (TUT) en die Universiteit van Pretoria (UP) waar hofinterdikte verkry moes word om studente in bedwang te bring. Studente by dié instellings het onder meer betoog teen hoër klasgeld, uitsluiting om hertoegelaat te word ná swak prestasie en registrasiegeld. Die vakverbond Nehawu steun die versetaksie en meen die samesmelting van hoër onderwysinstellings is nie deeglik beplan nie. Me. Naledi Pandor, minister van onderwys, het Maandag kalmte gevra. Alet Rademeyer berig sy het studente se optrede veroordeel en gesê dispute kan net opgelos word as daar gesprekvoering tussen studenteleiers en die bestuur van die instellings is. Studente op die Mamelodi-kampus van die UP het ondanks 'n interdik wat teen lede van die Pan-Africanist Students' Movement of Azania (Pasma) verkry is Maandag weer hier betoog en onderrig is afgelas, berig Delia du Toit. Die UP het Maandag in die Pretoriase hooggeregshof 'n gewysigde dringende aansoek teen oproerige studente ingedien. Me. Bongani Mgwenya, Pasma-jeugleier by die UP, het gesê hulle sal aanhou betoog totdat daar aan hul eise toegegee is. Altesame 105 studente van die Universiteit van Limpopo het in die Mankweng-landdroshof buite Polokwane verskyn nadat hulle deelgeneem het aan betogings waartydens sowat R1 miljoen se skade aangerig is, berig African Eye News Service. Tydens dié betogings verlede week het studente glo die universiteit se eetsaal aan die brand gesteek, rekenaars stukkend gegooi, personeellede geïntimideer en teen verhoogde klasgeld betoog.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|