Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Voorste argitek en stedelike ontwerper Revel Fox sterf
Dec 13 2004 10:23:20:013PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Kaapstad. - Revel Fox, een van die land se voorste argitekte en stedelike ontwerpers, is Maandag ná 'n kort siekte in die ouderdom van 79 jaar hier in sy huis dood.

Fox is in 1924 gebore en het sy graad in 1948 aan die Universiteit van Kaapstad verwerf, waarna hy en sy vrou, Suzanne (suster van die digter Uys Krige), hulle 'n rukkie in Zimbabwe gevestig het. Vandaar is hulle na Swede, waar Fox 'n jaar gepraktiseer het.

Ná hul terugkeer het Fox hom in Worcester gevestig en bekend geword om sy kenmerkende styl, die sogenaamde "Fox boxes".

Hy het later Kaapstad toe verhuis.

Van sy bekendste ontwerpe is die Eoan-teater in Athlone, die BP-gebou (nou LG) in Kaapstad, die Skiereilandse Technikon, die omskepping van die St. George-wandellaan en die Morgenster-wynkelder.

Fox was lid van die span prominente wit Suid-Afrikaners wat in 1987 'n afvaardiging van die ANC in Dakar, Senegal, ontmoet het.

Op versoek van oudpres. Nelson Mandela het hy hom beskikbaar gestel as ANC-raadslid vir Claremont tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 en dié pos twee jaar beklee.

Die Universiteit van Kaapstad en van Natal het ere-doktorsgrade in argitektuur aan hom toegeken.

Fox laat sy vrou, sy dogter, die aktrise Grethe Fox, twee seuns en 'n kleindogter agter.

Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |