Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Eers trane, toe boeie
Sep 10 2006 09:25:46:800PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Eduan Roos

Enkele ure nadat ’n ma huilend vertel het hoe ’n kaperbende met haar sesjarige dogter weggejaag het, is sy self deur die polisie gearresteer.

’n Reuse-soektog na Lebogang Magwe is gister deur tientalle lede van verskeie polisie-eenhede begin nadat me. Lucretia Magwe (30), haar ma, gesê het sy en haar dogter is kort ná 06:00 in Magwe se pa se bakkie in Ormonde, in die suide van Johannesburg, deur twee motors tot stilstand gedwing.

“Ons was op pad om te gaan inkopies doen toe twee motors my van die pad gedwing het.

“Ses mans met vuurwapens het uitgespring en my gedwing om uit die motor te klim,” het Magwe gesê.

Magwe is ’n apteker van Turffontein.

“Ek het probeer om die agterdeur oop te maak om my kind uit te haal, toe van die mans in die bakkie spring en wegjaag – met Lebogang steeds binne-in.”

Volgens Magwe het sy van die “kapingstoneel” na die Booysens-polisiestasie gestap om hulp te ontbied.

Nadat sowat 40 lede van die polisie se teenkapings- en honde-eenheid, uniformlede én ’n spesiale taakspan die toneel en omliggende gebiede gefynkam het, is Magwe na die Suidrand-hospitaal geneem waar sy glo vir skok behandel is.

Volgens kapt. Cheryl Engelbrecht, polisiewoordvoerder, het die polisie ure lank gesukkel om ’n verklaring by Magwe af te neem en om inligting oor die “kapers” te kry, aangesien sy “uiters getraumatiseer” was.

“Ek wil net my baba terughê. Hulle (die kapers) het niks aan my gesê nie en my kind was doodkalm tydens die voorval,” het Magwe gesê.

Terwyl bekommerde familielede by vriende van Magwe se woonstel in Bellavista saamgedrom het, het mnr. Roger Waterson (35), Lebogang se stiefpa, histeries rondgebel om inligting oor sy kind by polisie-ondersoekers te kry.

“Niks anders maak saak buiten haar veiligheid nie,” het hy aan Beeld gesê.

Volgens Engelbrecht het ondersoekers kort ná 14:00 vasgestel dat Lebogang, wat volgens Magwe vandag na Londen sou gaan waar sy haar skoolloopbaan binnekort sou begin, by ’n familielid se huis in Soweto is.

“Toe hulle die huis bestorm het, het hulle ’n spelende en gelukkige Lebogang by die familielid (waar sy glo permanent woon) gevind.

“Ons weet nie waarom sy (Magwe) oor die kaping sou lieg nie, maar die hele storie is opgemaak,” het Engelbrecht gesê.

Beeld het egter by familielede verneem dat ’n familietwis oor toesig oor Lebogang reeds geruime tyd woed.

“Só ’n soektog kos duisende rande en kosbare ure van die polisie se tyd. Tyd wat eerder gebruik kan word om mense wat regtig in die nood is, by te staan,” het Engelbrecht gesê nadat Magwe aangekeer is.

Volgens Engelbrecht sal sy na verwagting vandag in die hof op aanklagte van dwarsboming van die gereg en meineed verskyn.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |