Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Pastoor pleit by Mbeki ná sy dogter 9 keer verkrag is
Mar 26 2007 08:01:42:400AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hannatjie van der Merwe


Kimberley. – Sy foon het in die vroeë oggendure gelui en die polisieman het vir hom gesê sy dogter wil met hom praat.

Sy het gesê: “Dadda, ek is nege keer verkrag.”

Hierna het past. Michael Rhadebe van Kimberley en sy gesin se lewe onherroeplik verander.

Beeld het met hom gesels nadat hy in die media in ’n brief aan pres. Thabo Mbeki onder meer geskryf het: “Ek is regtig met droefheid vervul oor u beweringe dat dit slegs ’n wit persepsie is dat misdaad die land soos ’n tsoenami oorstroom het.

“Die werklikheid is dat swart en bruin mense erger as enige ander groep in die land onder misdaad ly.”

Hy sê ook vir Mbeki, vir wie hy as persoon en vir sy posisie hoë agting het: “Ek verwag van u, as die verkose leier van ons mooi land, om misdaad hok te slaan. Dit is immers die regering se Godgegewe mandaat en roeping.”

Rhadebe is in September 1957 in Kimberley gebore en hier het hy skoolgegaan, tot bekering gekom en ’n pastoor geword. Sy vrou, Lizzie, het hy op Windsorton ontmoet.

Hy is sedert Januarie 2004 by die ACDP betrokke omdat hy besef het sy stem is hier nodig.

Sy bediening, die Grace to You Ministries, is in 1993 in Galeshewe in Kimberley begin. Dié bediening het in 2003 met 20 brode ’n sopkombuis begin. Vandag kry sowat 130 volwassenes en 200 kinders elke Vrydag hier brood met konfyt en vrugte. Die AGS-gemeente van Royldene in die stad gee skenkings.

Op 15 Maart 2004 is Rhadebe se dogter in Bloemfontein, waar sy steeds studeer, verkrag.

Hy vertel sy is geestelik baie sterk en lief vir die Here. Sy en vriende het ’n kerkdiens in die stadsaal bygewoon. Agterna het ’n rooi bakkie verbygery. Die ander het weggehardloop, maar sy dogter was die teiken. Daar was nie wegkomkans nie en sy was alleen teen nege mans wat haar iewers in Batho om die beurt verkrag het.

Die verkragters is tot vandag toe nie vasgetrek nie.

Rhadebe sê hy moet vir die Here dankie sê dat sy dogter leef en vir pastore en vriende wat kom help het.

Hulle praat daagliks met hul dogter en bid oor die foon vir haar.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |