Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Malaika se Mholo reik Obama-lied uit
Tshedi Mholo van die Suid-Afrikaanse groep Malaika het onlangs ’n liedjie oor die nuwe Amerikaanse pres. Barack Obama geskryf. Die liedjie “Obama’s song” word binnekort in Suid-Afrika, Brasilië, Asië en Europa uitgereik as ’n digitale snit wat op die internet afgelaai kan word. “As kunstenaar het ek die vermoë om kragtige boodskappe uit te stuur wat kan help met die broodnodige positiewe verandering,” sê sy. Mholo is reeds opgewonde om liedjies te skryf vir ’n solo-album wat sy in 2009 wil uitreik. Dié solo-CD sal glo nie inmeng met haar verpligtinge as groeplid van Malaika nie. Malaika is veral bekend om die treffer “Destiny” en hul debuutalbum Malaika waarvan al meer as 360 000 eksemplare in Suid-Afrika verkoop is. Vir meer inligting oor die liedjie wat op 15 Desember uitgereik word, besoek www.sonybmg.co.za.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|