Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Costner maak reeks vir internet
Los Angeles. - Die Hollywood-swaargewig Kevin Costner, ster van flieks soos die Oscar-bekroonde Dances with Wolves, gaan ’n internetreeks oor ’n groepie 19de eeuse ontdekkingsreisigers vervaardig. Costner (52), ook bekend om flieks soos die bofbaldrama Field of Dreams en die avontuurprent Robin Hood: Prince of Thieves, sal die reeks finansier en boonop van die stemwerk doen. Die reeks, The Explorers Club, sal in 12 episodes van 4 min. elk oor die internet vertoon word, het die bedryfsblad Daily Variety berig. Costner wil met dié reeks die weg vir ’n rolprentweergawe baan indien dit ’n groot genoeg navolging opbou. Costner se jongste fliek is die reeksmoordenaarriller Mr Brooks en hy is binnekort ook in die drama Swing Vote te sien. Dit handel oor ’n man wie se stem die beslissende een in ’n presidentsverkiesing is. - Sapa-AFP
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|