Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Fliekvlooie slaap voor Potter-teater
Londen. - “Ek was hartseer, maar verlig toe ek uiteindelik die laaste Harry Potter-boek voltooi het.” Dit was die skrywer J.K. Rowling se boodskap aan aanhangers by die Europese première vroeër die week van Harry Potter and the Order of the Phoenix, die jongste fliek in dié reeks. Honderde mense – talle van hulle het oornag by die fliekteater in Leicester Square gekampeer om ’n goeie plekkie te kry – het vlae, plakkate en serpe geswaai toe Rowling en die fliek se sterre daar aankom. Die aanhangers het by haar gepleit vir ’n leidraad oor die laaste groot kinkel: Gaan Harry dit oorleef? Maar nie eens Rowling se familie weet hoe die Potter-sage eindig nie, het die skrywer volgens CNN.com gesê. Harry Potter and the Deathly Hallows, die sewende en laaste boek, is wêreldwyd van 21 Julie op die rakke. “Dit was ’n baie, baie emosionele oomblik,” het Rowling vertel. “Dit was eintlik ’n kombinasie van verligting en hartseer.” Daniel Radcliffe, Rupert Grint en Emma Watson het ook die première bygewoon. “Ons is ’n groot bende,” het Watson gesê. “Ons noem dit die Harry Potter-gesin.” Radcliffe het gesê die jongste fliek is selfs donkerder as Harry Potter and the Goblet of Fire en dit was opnuut ’n uitdaging. “Dis wat dit meer opwindend vir my as akteur maak. Dis meer pret om te doen as die aksietonele.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|