Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Ons skei nie, sê Dozi en Muriel
Die Boere-Zoeloe Dozi (Henk Opperman) en sy blondekopvrou Muriel ontken dat hulle gaan skei. Sedert die twee se troue in Junie verlede jaar was daar aan en af gerugte dat hul paaie gaan skei. Sowat twee weke gelede het ’n vars vlaag gerugte die twee getref. Muriel het uit haar maag gelag toe Beeld haar telefonies oor die egskeidingsgerug uitvra. “Ek is in Moorreesburg by my ouers,” het sy gesê. “Ek bly hier terwyl Dozi oorsee is. Ons gaan nie skei nie.” “Nee, dis blote k*k,” was Dozi se reaksie. “Hoekom kan mense ons nie net uitlos nie? Sy is by haar ma-hulle terwyl ek oorsee gaan. Sy kan tog nie alleen op die plaas bly nie en ons kan in dié stadium nie bekostig dat sy saam Londen toe vlieg nie,” het hy gesê. Mnr. Louis van Wyk van Music Profile Management, Dozi se bestuurder, beweer een persoon wil gerugte oor die egpaar en die sanger versprei. Gister, sê hy, het hy ’n e-pos ontvang met die bewering dat die sanger gesekwestreer is. Dit is nie die geval nie, het Van Wyk gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|