Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


’Knypie’ herleef én gedy
Nov 20 2008 07:22:40:950PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hanli Rolfes-Opperman, Tobie Cronje en Cobus Venter in Knypie oppie kant. Hierdie klug en sy opvolg is volgende jaar in verskillende teaters in Gauteng op die planke.

Die komediespan wat vanjaar hoeveel mense laat krul het van die lag met die klug Knypie oppie kant, is in 2009 gereed met ’n dubbeldoor: die opvolgklug Knypie 2 – ’n Dubbeldosis open op 7 Februarie in die Dramateater van die Staats- teaterkompleks in Pretoria, en Knypie oppie kant (1) word van 9 April spesiaal vir die Johannesburgers in die Nelson Mandela-teater by die Johannesburgse Stadskouburgkompleks aangebied.

Die opvolg word beskryf as “dieselfde bestanddele vir ’n nuwe resep”. Tobie Cronjé en Hannes Muller span weer hul komiese kragte saam onder die regisseurs- en vertalershand van Pierre van Pletzen.

Die eerste weergawe, wat in Johannesburg te sien gaan wees, was so gewild in Pretoria vroeër vanjaar dat die seisoen verleng moes word.

Knypie oppie kant, geskryf deur Ray Cooney, se oorspronklike titel is Two into one. Die opvolg is Out of order en dit het die ’n toekenning vir komedie van die jaar in Londen gewen.

Bespreek vir die vertonings deur Computicket.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |