Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Waar’s daai ridder op sy wit perd?
Made of Honor Ster-Kinekor Kan ’n man en vrou slegs “beste vriende” wees, sonder die gevaar dat ’n liefdesvonk hul vriendskap aan skerwe laat spat? Hollywood het dié vraag al in 1997 se My best friend’s wedding ondersoek, en maak weer so in Made of Honor. Tom (Patrick Dempsey) is ’n regte vrouejagter wat sy eie reëls opgestel het oor hoe sy verhoudings werk – hy mag byvoorbeeld nie dieselfde meisie twee dae na mekaar sien nie. Sy beste vriendin, Hannah (Michelle Monaghan) is die een konstante vrou in sy lewe. Vir Tom is Hannah net sy beste buddy en hy besef blykbaar nie dat sy dalk wens hul verhouding kan skuif na ’n dieper vlak nie. Tom se perspektief verander egter drasties wanneer Hannah vir ses weke Skotland toe gaan, en terugkeer met ’n verloofde! Hannah is oorstelp van vreugde en vra Tom om haar maid of honor te wees – hy is mos haar beste vriend. Tom se oë gaan skielik oop en hy besef Hannah is die enigste vrou vir hom. Haar verloofde, Colin (Kevin McKidd), is ’n skat?ryk Skotse hertog en blyk enige vrou se droomman te wees. Tom besluit om sy posisie as “strooimeisie” te gebruik om Hannah te laat besef dat hý eintlik haar droomman is. Een van die strooimeisies, Melissa (Busy Philipps), is vies omdat sy nie maid of honor is nie en saboteer die kombuistee wat Tom beplan het. Dit is egter die minste van Tom se bekommernisse en dinge raak vir hom nog erger wanneer hy en die res van Hannah se gevolg by Colin se landgoed in Skotland opdaag. Tom is vasbeslote om op die nippertjie Hannah se hart te wen, en Colin is net so vasbeslote om van haar mev. Colin te maak. Die gevolg is ’n komiese maar voorspelbare chick-flick wat die manne sal laat kreun en die meisies sal laat wens vir hul eie ridder op ’n wit perd. . .
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|