Al die snaakse video's
Apr 21 2008 06:15:24:907PM - (SA)
Hier is van die snaakse video's wat Beeld.com al ontvang het.
Daar gaan sy! 'n Leser het die video ingestuur van 'n vrou wat glo 'n nuwe Polo by Hatfield Volkswagen op die hoek van Duncan- en Schoeman-straat gekoop het. Volgens die leser kom die video-materiaal van die onderneming se kringtelevisie-kamera.
Stuur jou snaakse video na mytorie@beeld.com Kyk na die video. |
 |
Die swart gevaar Jacques Visagie probeer om 'n dieselbakkie se uitlaatpyp te blokkeer, met swart nagevolge!
Stuur jou snaakse video na mytorie@beeld.com Kyk na die video. |
 |
Swem Darren, SWEM Al was hy met sy oranje vlerkies, geel paddavoete en Borat-swemuitrusting (man-kini) bewapen, en al het swemheld Ryk Neethling nie heeltemaal alles gegee nie, het Neethling Darren "Wackhead" Simpson van 94.7 steeds stof in die oë geswem.
Stuur jou snaakse video na mytorie@beeld.com Kyk na die video. |
 |
Kyk hoe tuimel hy! Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor finansies is vinnig besig om 'n kultusfiguur op die internet te word ná 'n regstreekse SABC-onderhoud waarin hy letterlik per ongeluk op sy boude gaan sit het.
Stuur jou snaakse video na mytorie@beeld.com Kyk na die video. |
 |
Nikki 'sing' ook saam met 7de Laan-temalied. Klokslag wanneer 7de Laan se kenwysie begin speel, begin Nikki, die chihuaua-hondjie, saam te sing tot die laaste note wegsterf. Kyk na die video. |
 |
'7de laan' laat hond sing! Jacques Ferreira van Wilgeheuwel het hierdie selfoon-video ingestuur van sy chihuahua, Peanut, wat mal is oor '7de laan' se kenwysie. Kyk na die video. |
 |
Dis nie eier op die bruidegom se gesig Soos dit enige bruidegom betaam was Jaco Maas senuagtig oor die toespraak wat hy op sy troudag in Upington moes afsteek. Maar hy het nie geweet wat wag nie . . . Willie Burger het die video ingestuur. Kyk na die video. |
 |
Flippie en sy 'wakka-wakka' Flippie, 'n 7-jarige worsie, met sy wakka-wakka, nadat Snippie op Beeld se webblad gesien is, moes ons het hierdie video instuur.. Kyk na die video. |
 |
Kyk weer, dis net jellie! Jy wil net-net in jou ontbytpap stik, maar kyk weer: dit is net jellie.. Kyk na die video. |
 |
Die pratende Yorkie Elise Butterfield van Fourways het die video van haar ''pratende" Yorkie gestuur. Kyk na die video. |
 |
Billy die papegaai kap dit uit Wanneer Billy die papegaai die eerste note van Mango Groove se "Dance some more" hoor, dan doen hy presies dít. Kyk na die video. |
 |
Die papegaai en die stofsuier Jacques Conradie se papegaai, Vlam, wil elke keer bad as 'n stofsuier of haardroër aangeskakel word. As haar bad in haar hok is en mens skakel die stofsuier aan, is sy in. Kyk na die video. |
 |
'Op die Bokke' Stella de Vos van Kempton Park se pappegaai, Bobby het die oggend van die Rugby Wêreldbeker-eindstryd die dag mooi begin met 'n "môre mamma, op die Bokke!" Kyk na die video. |
 |
Snippie se speelding Peet van Schalkwyk van Potchefstroom se worshond, Snippie, is mal oor sy speelding... Kyk na die video. |
 |
Oud maar nog nie koud Marlese van der Westhuizen van Gansbaai het dié kort video van waar oupa M. Nortier sy kleindogter wil wys hy kán nog fietsry. Kyk na die video. |
 |
Haas of hond? Annebelle Deyzel van Hermanus het die video ingestuur van haar vriend Arrie wie se Jack Russel dink hy is 'n haas. Kyk na die video. |
 |
Man en sy voël stort Iona Enslin het die agtjarige papegaai, Tibby, afgeneem terwyl Tibby en haar man stort. Tibby is versot op stort. Kyk na die video. |
 |
Rock en roll Mariet Landman het die video ingestuur. Dis van haar kleinseun Sebastiaan, wat mal is oor musiek. Kyk na die video. |
 |
Knip 'n uiltjie... Marlene Froneman van Wierdapark, Centurion, se dogter van 11 maande kan nie haar oë oophou nie. Kyk na die video. |
 |
Suurlemoen is... Cecile Harmse van Johannesburg het 'n selfoonvideo geneem van die eerste keer wat haar seun van 'n jaar en drie maande suurlemoen geëet het. Sy sê hy is nie baie lief daarvoor nie. Kyk na die video. |
 |
Hou vas jou broek! Piet Loubser het hierdie video uit Nieu-Seeland gestuur. Andrá wou sy bollemakiesie op film vasvang en kry toe meer as wat hy verwag het. Kyk na die video. |
 |
Eina! Patrick Ardé het homself met sy stoel misgis terwyl hy by die werk in Johannesburg oor die telefoon gepraat het. Die video kom van kringtelevisiekameras en is deur Antonie Mans ingestuur. Kyk na die video. |
 |
Oeps! Lucas Muller, 'n Beeld-leser, het hierdie video geneem van sy seun, Nic, wat vir die eerste keer geleer het om 'n kraan oop te maak en in die water te speel. Kyk na die video. |
 |
Hier kom groot... Werner de Villiers het dié selfoonvideo gestuur. Hy en sy neef is met die neef se 2005 Subaru Impreza 2.5 (met turbo) na Kimberley vir die naweek. Kyk na die video. |
 |
Sharks (amper) bo! Rinda Schutte het hierdie video ingestuur van haar man en haar broer se (voortydige) vreugde tydens 2007 se Super14-eindstryd. Kyk na die video. |
 |
Die boom, die oom en die bakkie Hoe gemaak as jy 'n groot ou palmboom op jou erf wil ontwortel? Kyk na die video. |
 |
Dié taxi-toneel nie 'n Schuster-streep Dié toneel kom nie uit 'n Leon Schuster-fliek nie... Kyk na die video. |
 |
Teken in op Beeld
Kry Beeld op jou Facebook-profiel
Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi
|