Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Dink-diarree mors met brein
Verbeel jou jou brein is soos jou maag. Al die goeie “kos” wat inkom, bly daar en bevat voedingswaarde om jou “gesond” te hou. Dink jy iets sleg wat nadelig vir jou stelsel is of jou omkrap, word dit uitgeskei. Die enigste probleem is dat jou brein nié soos jou maag is nie. Al die slegte gedagtes wat jou omkrap, word nie uitgeskei nie, maar hardloop om en om in jou brein, en jy kry dink-diarree. Me. Telana Simpson, ’n persoonlike meta-afrigter wat spesifiek fokus op neuro-linguistieke programmering en neuro-semantiek, sê juis daarom moet ’n mens let op wat jy vir jou brein voer. “Wat ons vir onsself sê, vorm ons gewoontes. Jou brein volg die rigting waarin jy dit stuur en is nie soos jou maag nie. As jy vir jou brein geleer het om negatief oor sekere goed te dink, gaan dit outomaties só reageer die oomblik as die situasie hom voordoen. Die manier hoe ons met onsself praat en situasies bewoord en ervaar, moet dus verander word.” Met dink-diarree voel mense dikwels oorweldig omdat hulle aan te veel dinge op een slag dink en nie werklik op een ding kan fokus nie, sê Simpson. “Hoe eet ’n mens ’n olifant? Stuk vir stuk. Maar mense is geneig om hul perspektief te groot te maak en net die olifant raak te sien. Hulle moet leer om probleme stuk vir stuk aan te pak.” Dr. Janne Dannerup, ’n sielkundige van Johannesburg, sê ons lewe in ’n baie analitiese en onemosionele samelewing wat ons leer om elke probleem te kan én moet oplos deur te dink. “Ons gee groot-denkers die hoogste eer en erkenning en respekteer hulle. “Wiskunde, wat gesien word as een van die sleutelelemente van leer, is gegrond op rasionele en analitiese denke. Jy het ’n probleem en analiseer dit deur dit af te breek in eenvoudiger dele om die probleem stap-vir-stap op te los. “Daar is niks mee verkeerd om dieselfde te probeer doen met emosionele en interpersoonlike sake nie, solank jy die nodige vaardighede het om dit te kan doen.” Maar volgens Dannerup weet die meeste mense nié hoe om hierdie probleme op te los nie. “Terwyl die meeste van ons geleer het wat om met ’n wiskundeprobleem te maak, is almal nie opgelei om doeltreffend na ’n emosionele of interpersoonlike probleem te kyk nie. Die persoon probeer dan aanhoudend om dit reg te doen, maar misluk keer op keer. Dit gee dan ook aanleiding tot dink-diarree.” Volgens Dannerup word dink-diarree dikwels aangevuur wanneer ons voor ’n emosionele of interpersoonlike probleem te staan kom. Simpson sê verskeie faktore soos min slaap, ’n verkeerde dieet, stres en ander biologiese faktore kan aanleiding gee tot dink-diarree. “En as mense só voel, kan hulle die situasie dalk vererger eerder as om ’n oplossing te vind.” Dannerup sê dink-diarree is geneig om jou te laat twyfel in jouself, jou vaardighede en jou kapasiteit om die lewe se uitdagings te hanteer. “Dit weerhou jou ook daarvan om die huidige oomblik te geniet omdat jy heeltyd ‘iewers anders’ is, besig om iets te probeer oplos wat nie huidig is nie. Jy kan selfs vind dat oor-analisering en dink-diarree jou daarvan weerhou om berekende risiko’s en kanse te neem, jy oorversigtig en angstig is en jy uiteindelik met ’n lang lys van ‘as ek maar net’ sit, eerder as om ’n lys vol wonderlike ervarings te hê.” Me. Tracey Foulkes, ’n professionele organiseerder wat individue en sakeondernemings help om hul lewe en spasies te organiseer, sê om jou gedagtes te orden, moet jy doelwitte hê. “Dikwels voel mense sleg of skuldig oor sekere dinge omdat hulle ongebalanseerd is in hul lewe. As jy byvoorbeeld by die werk is en heeltyd aan jou familie dink en skuldig voel, is jou balans nie reg nie. Jy moet dus vir jouself doelwitte skep en dit nakom in al die afdelings van jou lewe om ’n balans te kan handhaaf.” Dinge kan ons dus pla omdat ons weet die balans is nie reg nie, maar niks daaromtrent doen behalwe dink nie. Volgens Foulkes is daar vier lewenskwadrante, naamlik spiritueel (geloof, gemeenskapswerk en om terug te gee aan ander), verstandelik (werk, finansies en opvoeding), fisiek (gesondheid, fiksheid en welstand) en emosioneel (jouself, familie, vriende en materialistiese dinge) waaraan ons moet werk. “ ’n Mens moet na die kwadrante kyk en besluit wat dit is wat jy in elk nodig het en dan begin om doelwitte te stel.” As jy dus te veel aandag aan die verstandelike kwadrant (die kwadrant waarin die meeste mense doelwitte vir hulself stel) bestee, gaan jy jouself verwyt oor ander kwadrante waaraan jy moet aandag gee, verduidelik Foulkes. Balans, prioriteite en positiewe breinpatrone is dus belangrike vaardighede om aan te leer om jou siklus van dink-diarree te breek. As die trein in jou brein weer begin spoed optel, maak seker jy is aan die stuur. Soos Foulkes sê: “Jy het nodig om te weet waarheen jy op pad is sodat jy jou reis kan beplan.” Programmeer jou brein positief Simpson se wenke om van jou dink-diarree te ontsnap: Gee jouself ruimte om te dink Foulkes sê hoe jou ruimte lyk, het 'n direkte uitwerking op hoe jou brein dink. "As jy in 'n spasie werk wat ongeorganiseerd is, gaan jy konstant oorweldig deur dié afleidings voel." "Jy moet jou spasie eers opruim voordat jy jou brein kan opruim." Die maklikste manier om op te ruim? "Gemors is alles wat jy nie wil hê nie, nie nodig het nie en nie lief voor is nie. Gooi dit weg of gee dit aan iemand anders." Foulkes raai mense aan om dadelike besluite oor dinge te neem. "Besluit wat jy met jou gemorspos of die kinders se speelgoed op die vloer gaan doen. Só leer jy ook om dadelike besluite oor ander sake in jou lewe te neem en nie uit te stel nie." Leer om doelwitte te stel Foulkes gee raad oor hoe om balans in jou lewe te vind. Skryf stap vir stap neer hoe jy jou doelwit gaan bereik en gee vir jouself spertye. Byvoorbeeld: Jy wil fiks word. Dus moet jy drie keer 'n week gaan gim. Om te gim moet jy by die gim aansluit, tekkies koop en 'n kinderoppasser reël.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|