Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Breyten, Senegalese haaks
Mar 07 2005 09:13:51:573PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Bitter stryd tussen die skrywer Breyten Breytenbach en die Senegalese regering oor die behoud van die Gorée-Instituut, 'n nie-regeringsorganisasie wat op dié eiland bestaan sedert die destydse historiese ontmoeting van Afrikaners en die ANC hier, het die afgelope paar dae kookpunt bereik.

Breytenbach, direkteur van die instituut, sê hy vermoed die regering van pres. Abdoulaye Wade wil die instituut van die eiland af hê "om kommersiële redes" as deel van 'n groter plan om geriewe op Gorée te "privatiseer" eerder as wat dit 'n politieke twis is.

Vrydag het die Senegalese gendarmerie (militêre polisie) by die instituut se hoofkantoor op die eiland opgedaag, die personeel beveel om die gebou te verlaat en beslag gelê op al die toerusting en dokumente.

"Ons het onder groot protes teen sewe-uur die sleutels aan hulle oorhandig," het Breytenbach Maandag per telefoon van Gorée af gesê.

Die instituut reël gereeld konferensies oor politieke, maatskaplike en kulturele sake in Afrika en is betrokke by opheffingswerk. Die instituut is juis vandeesweek besig met 'n tweedaagse konferensie oor soewereiniteit en oorgang in Wes-Afrika waaraan hooggeplaastes soos barones Linda Chalker, voormalige Britse minister van ontwikkelingshulp, sowel as 'n voormalige president van Nigerië en die eerste minister van Niger deelneem.

"Ons gaan voort met die konferensie, al moet ons nou 'n ander lokaal gebruik. Ek sal maar self namens die Senegalese vir dié belangrike mense om verskoning vra," sê Breyten.

Die twis oor die instituut en veral oor die historiese Maison du Soudan, waar die hoofkantoor geleë is, het meer as twee jaar gelede begin toe Wade aangedui het hy wil die huurooreenkoms wat destyds met oudpres. Abdou Diouf onderteken is, ophef.

In Desember 2003 het Breytenbach 'n uitsettingsbevel ontvang wat die instituut beveel om die gebou teen Junie 2004 te verlaat.

Die twis oor die instituut val saam met planne om historiese geboue op die eiland in hotels te omskep en minstens 500 eilandbewoners elders te hervestig sodat dit 'n aantrekliker toeristebestemming kan word.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |