Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Beursies toe vir Bush-manne
Washington. – Die Amerikaanse kiesers het die geldkraan na die Republikeinse presidentskandidate toegedraai. Die eens magtige geldmasjien het te midde van skandale en ’n omstrede Wit- huis tot stilstand geknars. Sen. John McCain (72), die oudste kandidaat tot nog toe, het reeds 50 van sy werkers in die pad gesteek en oudgoew. Mitt Romney het aan homself ’n lening van R46,5 miljoen toegestaan om geldelik kop bo water te hou. Mnr. Rudy Giuliani, oudburgemeester van New York, is tans die enigste Republikeinse kandidaat wat sonder te veel geldkwellinge sy veldtog voer. Hy het $15 miljoen (sowat R105 miljoen) in die tweede kwartaal van 2007 ingesamel, maar het geen skuld nie. Daarteenoor is McCain in die knyp. Hy het hopeloos te min geld ($11 miljoen of R77 miljoen) ingekry en net $2 miljoen (R14 miljoen) oor. Hy het reeds meer as 50 werkers laat gaan, wat sy internetbestuurder insluit. Ander werkers se salarisse is verminder en sy bestuurder het syne vir twee maande prysgegee. As McCain nie gou ’n goudmyn in skenkers opspoor nie, kan sy veldtog lank voor 2008 tot stilstand knars. Sy steun vir die Irak-oorlog en die immigrasiewet wat gesneuwel het, tel swaar teen hom. Romney het dieselfde probleem: hy bestee geld asof dit bossies is, maar kan dit bekostig. Hy het na raming reeds $32 miljoen (R224 miljoen) geblaas sedert sy veldtog ses maande gelede begin het – meer as R37 miljoen per maand. Hy het homself ’n lening van R46 miljoen toegestaan uit sy persoonlike fortuin van sowat $200 miljoen en het nog $12 miljoen (R84 miljoen) in die bank. Hierteenoor swem die Demokrate se voorlopers in die geld. Sen. Barack Obama het ’n rekord vir die party opgestel deur in die laaste kwartaal $31 miljoen (R217 miljoen) in te samel, terwyl sen. Hillary Rodham Clinton $27 miljoen (R189 miljoen) ingekry het. Die 258 000 mense wat tot Obama se veldtog bygedra het, is meer as al die mense wat vir Giuliani, Romney en McCain geld geskenk het. Ironiese genoeg kon nog net een kandidaat in die geskiedenis meer geld in ’n kwartaal insamel as Obama – pres. George W. Bush, wat met sy swak gewildheidspeil die grootste kopseer vir die Republikeinse Party is. Hy het in sy tweede termyn $35 miljoen (R245 miljoen) ingesamel.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|