Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Vlieënier van ramptuig wou dalk weer opstyg'
Jul 20 2007 11:26:26:193AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • Beeld se Google-grafika: Vliegramp
  • Kry Beeld se Google-grafika só
  • Sao Paulo. - Die debat ná Brasilië se ergste lugramp het nou verskuif van bewerings oor 'n gebrekkige aanloopbaan tot moontlike menslike oorsake (foute deur die vlieëniers) of die remme wat gefaal het.

    'n Video wat deur die nasionale lughawe-owerheid vrygestel is, wys glo dat die vliegtuig ná die landing versnel het en nie gerem het nie - moontlik omdat die vlieënier weer wou opstyg.

    Intussen word berig dat dit 'n maand of langer kan neem om al sowat 200 slagoffers van die ramp uit te ken.

    Die Airbus A320 het in vlamme uitgebars nadat dit in gietende reën op die lughawe in Sao Paulo ná 'n vlug van Porto Alegre geland het.

    Die volle lengte van die aanloopbaan waarop die straler van die TAM-lugdiens neergestryk het, was nie ver genoeg vir die tuig om tot stilstand te kom nie.

    Dit het deur 'n versperring gebars en is oor 'n besige pad voordat dit teen 'n vulstasie en 'n gebou van dié lugdiens gebots het. - Sapa-AP

    Minstens 15 mense wat op die grond was tydens die ongeluk is volgens owerhede ook dood. Sowat 12 ander is beseer en in hospitale in die stad opgeneem.

    "Ek is ingelig dat die temperatuur binne die vliegtuig 1 000 grade (Celsius) was, dus is daar feitlik geen kans dat iemand oorleef het nie," het goewerneur Jose Serra aan Sapa-AP gesê.

    "Ek het skielik 'n harde ontploffing gehoor en die aarde het geskud," het 'n werknemer van TAM wat op die lughawe was, gesê. "Ek het opgekyk en 'n groot vlammebol gesien en brandstof en swawel geruik."

    Reddingswerkers en forensiese deskundiges het na wat berig word teen vroeg Woensdagoggend (SA tyd) reeds sowat 30 lyke in die wrak gekry. Vier ure ná die ramp was die vlamme nog nie geblus nie en was talle nooddienstevoertuie steeds op die toneel.

    Kritici waarsku reeds lank dat die aanloopbaan op die lughawe te kort is vir groot vliegtuie wat in nat weerstoestande neerstryk. - Sapa-AP en Reuters

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |