Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Vrou weggejaag oor swemdrag ‘aanstoot gee’
Brussel. – Dat Europa hom in die algemeen moeilik aanpas by die aanwesigheid van miljoene mense met ’n vreemde (Islamitiese) kultuur in sy midde, is pas weer in Nederland geïllustreer. In die provinsiestad Zwolle is ’n jong vrou wat met ’n “boerkini” – ’n swempak wat spesiaal vir die Islamitiese geloof aangepas is – uit ’n openbare swembad gegooi. Die vrou is Liselotte Buitelaar, van geboorte Nederlands, en tot die Islam bekeer. Die “boerkini” (’n samestelling van die woord “boerka”, oftewel die soort kledingstuk wat vroue in Afganistan dra wat die ganse liggaam behalwe die gesig bedek, en “bikini”) wat sy aangehad het, lyk amper soos ’n duikpak. Ná 10 minute in die swembad het twee werknemers van die swembad haar beveel om pad te gee. Die ander swemmers neem aanstoot oor haar kleredrag, het hulle gesê. Die bestuurder van die swembad, mnr. Hans Meijer, het aan De Volkskrant gesê die integrasie van die Moslems in Zwolle is nog nie ver genoeg gevorder dat die “boerkini” aanvaar word nie. Ander swemmers het nie daarvan gehou nie, en hy was bang dat die swemmers daarom sou wegbly. Die verantwoordelike lid van die burgemeesterskomitee, mnr. Janco Cnossen, het Meijer se optrede in reaksie afgekeur. In die reglemente van die munisipale swembaddens staan slegs dat swemkleding “ordentlik” moet wees – en dit is die “boerkini” by uitstek. As swembaddens teen Moslems diskrimineer, sal die stadsraad sy subsidie van €1,5 miljoen (sowat R18 miljoen) per jaar in heroorweging moet neem, het hy gesê. Die bestuur van die swembad het hom egter agter Meijer geskaar. Op die webwerf van die plaaslike koerant, De Stentor, woed sedertdien ’n heftige debat. Min of meer 60% van dié wat gereageer het, steun die verbod en 40% meen die vrou moet vryelik met haar “boerkini” kan swem. ’n Tipiese reaksie was: “Dis eenvoudig te gek vir woorde. Die Moslems bly ons maar uitdaag en probeer elke keer om in die nuus te kom, en ons as Nederlanders bly maar daaroor vergader. STOP daarmee en wees wys.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|