Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Aarde kan nie bybly met al die CO2 in die atmosfeer
Die planeet het ’n versadigingspunt bereik. Voordat die mens fossielbrandstowwe, steenkool en olie begin verbrand het, was daar ’n fyn balans tussen die koolstofdioksied (CO2) wat in die atmosfeer beland het en die aarde se vermoë om dit te absorbeer. “Die aarde kan nou nie meer bybly nie.” Só sê dr. Richard Zeebe, mede-outeur van ’n verslag wat die naweek in die tydskrif Nature Geoscience gepubliseer is. Zeebe se bevindings is gegrond op die hoeveelheid CO2 in antieke borrels wat in ys in Antarktika gevind en ontleed is. Die ysmonsters is na raming 610 000 jaar oud. Skeptici het die afgelope 25 jaar daarop aanspraak gemaak dat die huidige tempo waarteen die klimaat verander, ’n natuurlike siklus verteenwoordig. Zeebe se bevindings dien hierdie aanname egter ’n nekslag toe. In die antieke verlede het ’n oormaat CO2 hoofsaaklik weens vulkaniese uitbarstings in die atmosfeer beland. Die “oortollige” CO2 is diep in die sedimente op die seebodem geberg. Zeebe het die CO2 wat ook in die ysblokke van Antarktika vasgevang is, ontleed en kon bepaal hoeveel daarvan op verskillende tye in die atmosfeer teenwoordig was. Hy het tot die gevolgtrekking gekom dat die gemiddelde verskil in die hoeveelheid CO2 wat gedurende die laaste 600 000 jaar in die atmos-feer beland het, 22 deeltjies per miljoen was. Sedert die nywerheidsrevolusie in die 18de eeu begin het en miljoene ton steenkool en olie verbrand is, het die hoeveelheid CO2 in die at-mosfeer tot 100 deeltjies per miljoen vermeerder. Volgens Zeebe beteken dit dat die mens CO 2 byna 14 000 keer vinniger in die atmosfeer laat beland as natuurlike prosesse. Zeebe meen die natuur se meganisme sal uiteindelik die oortollige CO2 absorbeer, maar dit gaan nie binne die volgende honderdduisende jare gebeur nie. “Die natuur se meganisme is heeltemal te stadig om ons te help om die balans – wat ons in so ’n kort tyd omvergegooi het – te herstel,” sê hy. – Reuters
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|