Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Drie babas in vrieskas gekry
May 05 2008 09:27:45:517PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Berlyn. – Duitse polisie het gister die lykies van drie babas in ’n vrieskas gevind en die vrou wat glo die ma is, gearresteer.

Die vrou se volwasse seun en dogter het die drie lykies Saterdagaand, toe die ouers vir die naweek Swart Woud toe is, in die vrieskas gevind.

“Hulle het besluit om die vrieskas skoon te maak omdat dit vol kos was waarvan die vervaldatums verstryk het . . . toe hulle die eerste sak kry,” het insp. Herbert Fingerhut gesê.

Die twee het gewag vir hul ouers om Sondagoggend terug te keer en hulle toe gekonfronteer.

Die 44-jarige vrou, haar man en dogter is kort daarna polisiekantoor toe, waarna ’n polisiemotor na die huis in Wenden, sowat 100 km oos van Bonn, gestuur is. Die drie babas is in plastieksakke in die vrieskas ontdek.

Duitsland is die afgelope jare deur soortgelyke voorvalle geruk. – Sapa-AFP

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |