Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Zim: 'Verwyder jul TV-skottels'
Die Zimbabwiese regering het gelas dat mense wat oor satellietskottels vir TV-ontvangs beskik, dié skottels van hul huise se dakke verwyder. Operasie Dzikisai madishi (trek af jou satellietskottel) is volgens die beweging vir demokratiese verandering (MDC) daarop toegespits om Zimbabwiërs toegang tot e.tv, die SABC, Botswana TV, asook sekere DStv-kanale te ontsê. Dit sluit in nuusprogramme waarin hoogs kritiese inhoud oor die Mugabe-bewind uitgesaai word. Dit laat Zimbabwiërs nou met net die programme van die Zimbabwiese uitsaaikorporasie, wat onder staatsbeheer is en slegs in stedelike gebiede behoorlike ontvangs geniet. Ontvangs in landelike gebiede is in die reël baie swak. “Dié operasie is deel van ’n berekende poging deur die regime om alle kanale wat gebruik kan word om inligting te bekom, te sluit en sodoende die verkiesing te steel,” sê die MDC in ’n verklaring. Operasie Dzikisai madishi volg ná Operasie Makavotera papi (hoe het jy gestem?), wat aanleiding gegee het tot grootskaalse geweld teen kiesers wat in die verkiesing van 29 Maart vir die MDC gestem het. Operasie Dzikisai madishi het verlede week reeds in Matabeleland-Suid begin en word volgens die MDC nou landwyd uitgevoer deur elemente van die sentrale intelligensie-organisasie, die weermag, die polisie en jeugmilisie. Reuters berig uit Harare die Mugabe-bewind het aangekondig hy gaan in gebiede waar die MDC die grootste steun geniet, nog meer oorlogsveterane ontplooi. In die Masvingo-provinsie, waar Zanu-PF verskeie parlementêre setels verloor het, het party-amptenare aan die Zimbabwiese uitsaaidiens gesê hulle gaan die veldtog toespits “op probleemgebiede waar MDC-strukture hulle ingegrawe het”. “Ons stel eenhede van oorlogsveterane saam om hierdie gebiede binne te gaan en hierdie mense en maatskappye wat hulle ondersteun, te konfronteer,” het afgetrede genl.maj. Alex Mudavanhu, Zanu-PF se Masvingo-voorsitter, gesê. “Ons gaan aan die mense vertel dat Zanu-PF nie hierdie verkiesing gaan verloor nie,” het hy gesê.
|
||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|