Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Nou word radio’s ook deur polisie gevat
Eers moes die TV-skottels af, nou word Zimbabwiërs gedwing om hul opwenradio’s aan die polisie en jeugmilisie te oorhandig as deel van die Mugabe-regering se pogings om toegang tot inligting wat nie deur die staat beheer word nie, te keer. Dit is een van die bevindings van internasionale media-organisasies wat gister uit Harare in Johannesburg aangekom het. Die sending, onder die leiding van mnr. Rob Jamieson van die Suider-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef) sê ’n algehele verbod op die vryheid van beweging van joernaliste – sowel plaaslik as internasionaal – geld in Zimbabwe. Hy het bevestig dat soldate en oorlogsveterane in plattelandse gebiede daarop aandring dat mense hul satellietskottels verwyder. Jeugmilisielede het selfs by polisiebarakke daarop aangedring dat polisielede satellietskottels van die dakke van hul kwartiere afhaal. Internasionale burgerorganisasies, waaronder VN-agentskappe, het tot onlangs toe nog opwenradio’s aan mense op die platteland uitgedeel wat luisteraarsklubs gestig het om nuus oor hul land te hoor. Dié toestelle word nou gekonfiskeer, het Jamieson gesê. Slegs twee internasionale uitsaaiers is tans in Zimbabwe geakkrediteer: die SAUK en Al Jazeera, die Arabiese netwerk. ’n Vooraanstaande ANC-lid en voorsitter van die Krisis in Zimbabwe-koalisie, mev. Elinor Sisulu, het gesê die SAUK moet aan Suid-Afrikaners verduidelik waarom die geweld in Zimbabwe nie in dié uitsaaier se nuusprogramme weer?spieël word nie. “Ons wil weet of die Zimbabwiese owerheid hulle (die SAUK) keer om dit te doen, of dit ’n voorwaarde van hul akkreditasie is en of hulle dit uit eie wil doen,” het sy gesê. Bevindings van die feitesending: Hulle was geskok oor die vlakke van vrees waaronder joernaliste en gewone Zimbabwiërs leef. Vrees vir ontvoering, aanranding en inhegtenisneming dwing plaaslike joernaliste om hul gewone werkplekke en wonings te verlaat en vanuit geheime “veilige huise” hul werk te probeer doen. Persklub-vergaderings in Harare en Bulawayo word geïnfiltreer en soms openlik beset deur lede van Zimbabwe se geheimedienste. Al Zimbabwe se private koerante en media-instansies is onder groot finansiële druk en word met sluiting gedreig. Minstens 12 joernaliste van die Zimbabwiese uitsaaikorporasie is geskors en een van hul senior bestuurders is afgedank net omdat hulle onder verdenking is. Ander doen wat van hulle vereis word uit vrees dat hulle hul poste sal verloor. Die nuusprogramme wat hulle uitsaai, is opruiende retoriek teen die opposisie. “Die staatsmedia dra dus by tot die oplaai van politieke spanning in Zimbabwe,” lui die verslag.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|