Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
McCain nie noodwendig party se presidentskandidaat
Washington. – Sen. John McCain gaan nié noodwendig die Republikeinse Party se presidentskandidaat in November wees nie. Sy ouderdom, beeld en vinnige uitsak in peilings teen sen. Barack Obama kan dié party twee keer laat dink, het dit hier geblyk. Steve Rosenbaum skryf in ’n rubriek vir huffingtonpost.com wanneer die Republikeine sy kandidaat op 4 September aanwys, is daar ’n goeie kans dat hulle die presidentsverkiesing in ’n onverwagte chaos gaan dompel en die net wyer gaan span. Hy noem ’n lys van tien name wat ook op die konvensie ter sprake kan kom en waarvan “elkeen weet” hul name is in die hoed. Die verrassings is dr. Condoleezza Rice en genl. Colin Powell, huidige en vorige ministers van buitelandse sake, goew. Charlie Christ van Florida, goew. Bobby Jindal van Louisiana en mnr. Michael Bloomberg, burgemeester van New York. Die ander is mense soos oudgoew. Mitt Romney en oudgoew. Mike Huckabee, wat ook as presidents-kandidate teen McCain gestaan het, en twee progressiewe Republikeine wat glo kabinetsposte kan kry as Obama president word, sen. Dick Lugar en sen. Chuck Hagel. Gallup se jongste peiling wys 52% van alle Amerikaners dink Obama gaan die president word, terwyl net 41% dink McCain sal wen. Die gaping is egter baie nouer as kiesers aandui vir wie hulle gaan stem. Altesame 76% van Demokrate glo Obama gaan wen, terwyl net 67% van Republikeine vol vertroue is oor McCain se kanse. Die verrassing is dat die jonger geslag, hoewel hulle vir Obama gaan stem, baie skepties oor sy kans is. Net 48% van tussen 18- tot 34-jariges glo Obama gaan wen, terwyl die meerderheid van die mense, 55 en ouer, glo Obama gaan wen – al stem die meeste van die groep wit mense vir McCain. Politieke ontleders sê McCain se verkiesingsbarometer van minus 68 uit 100 voorspel niks goed vir hom nie. Alles is teen hom – van ’n ongewilde pres. George W. Bush, die swak ekonomie, die Irak-oorlog en sy ouderdom. Rosenbaum skryf dat sommige Demokrate al dink dat die Republikeine met McCain beplan om die verkiesing te verloor om daarna die skuld van die swak ekonomie en die Irak-oorlog op hulle te pak, maar hy glo nie hulle gaan “die wedstryd gooi” nie.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|