Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||||||
|
Mbeki se 'oomblik van stilte'-glips
’n Uur nadat pres. Thabo Mbeki gister ’n oomblik van stilte vir die “afgestorwe” president van Zambië gevra het, moes hy hoor die 60-jarige Levy Mwanawasa is eintlik nog springlewendig. Boodskappe van medelye is sedertdien haastig deur regstellings vervang, maar die nuus het nietemin oor die wêreld heen versprei. Volgens die departement van buitelandse sake is Mbeki verkeerd ingelig. “Pres. Mbeki voel jammer oor die misverstand. Namens die regering en homself, wens hy pres. Mwanawasa ’n spoedige herstel toe,” lui ’n verklaring. Mbeki het gister op ’n nasionale gedenkdiens vir xenofobie-slagoffers ’n skare in Pretoria toegespreek, waar hy die aankondiging oor Mwanawasa se “dood” gemaak het. ’n Uur later het sy woordvoerder hom meegedeel die inligting oor Mwanawasa is “onwaar”. Intussen het die nuus van Mwanawasa se dood só wyd versprei dat dit op onder meer die internasionale nuuskanale Sky News en die Britse Uitsaaikorporasie (BBC) verskyn het. The Star het ook ’n hoofberig oor Mwanawasa se dood in hul namiddag-uitgawe gehad. Selfs die aanlyn-ensiklopedie Wikipedia het Mwanawasa se sterfdatum langs sy geboortedatum ingevoeg. Mnr. Mike Mulongoti, Zambië se hoof-woordvoerder, het die Suid-Afrikaanse media blameer dat hulle die bewerings uit verband geruk het. Hy het by hulle gepleit om “te kalmeer”. “Die stories kom uit Suid-Afrika en het nou na die res van die wêreld versprei. Ons vra die Suid-Afrikaanse media om hul in te hou.” Mwanawasa is in die waakeenheid in die Percy-Clamart- militêre hospitaal buite Parys, Frankryk, nadat hy vroeër vandeesweek ’n beroerte by ’n Afrika-unie-konferensie in Egipte gehad het. – Sapa-AP
|
||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|