Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Mbeki is uit voeling met sy eie land, sê woedende VSA
Jul 13 2008 09:24:32:723PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Verwante Berigte
  • 2 premiers op pad uit ná ANC-besluit
  • Mbeki gee nog mag prys
  • Tutu spyt Zim-sanksies is geveto
  • Die 'kabaal van misdadigers'
  • Zim-partye sê hul pleeg nie só verraad
  • Charles Smith

    New York. – Suid-Afrika se optrede om pres. Robert Mugabe van Zimbabwe te steun en te help om sanksies teen hom te kelder, is “ontstellend”, het mnr. Zalmay Khalilzad, VSA-ambassadeur in die Verenigde Nasies (VN), gesê.

    Khalilzad het ook pres.Thabo Mbeki as “uit voeling met die gebeure in sy eie land” afgemaak nadat Suid-Afrika Vrydagaand teen die VSA se resolusie in die VN se Veiligheidsraad gestem het.

    Hy het dit ook as “ontstellend” bestempel dat Suid-Afrika hom by Rusland geskaar het.

    Rusland en China het die ontwerp-resolusie wat Mugabe en sy binnekring se bates in die buiteland wou vries en ’n wapenverbod teen Zimbabwe wou instel, geveto. Suid-Afrika het soos verwag ook teen die sanksies gestem.

    Altesame nege lande het vir die resolusie gestem en vyf daarteen. Een lid van die Veiligheidsraad het buite stemming gebly.

    Volgens Khalilzad was die resolusie se voorstel om ’n VN-amptenaar betrokke te kry by die onderhandelinge tussen Zanu-PF en die MDC ’n poging om Mbeki se pogings as bemiddelaar aan te vul.

    “Mbeki se aksie wat dit laat blyk dat hy Mugabe beskerm en met hom werk terwyl hy (Mugabe) die opposisielede aanval, is betreurenswaardig. Mbeki is uit voeling met die gebeure in sy eie land,” het Khalilzad gesê met verwysing na vakbonde in Suid-Afrika wat ’n besending wapens na Zimbabwe gekeer het.

    Mnr. Dumisani Kumalo, Suid-Afrika se ambassadeur by die VN, het in die debat aangevoer Suid-Afrika kan nie teen die wil van die Afrika-unie (AU) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) gaan nie. Dié organisasies is gekant teen sanksies en steun die voortsetting van gesprekke deur die partye in Zimbabwe.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |