Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Tibet-aktiviste by Spele gearresteer
Aug 06 2008 08:35:10:263PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Amanda Beard, Olimpiese swemkampioen van die VSA en gewese vriendin van Ryk Neethling, by 'n plakkaat waarop sy kaal poseer in 'n veldtog teen die dra van pels vir die diereregtegroep Peta. Foto: Kay Nietfeld, EPA
Natasha Pamplin-Bailey

Beijing. – Vier Tibettaanse aktiviste is gister by die nasionale stadion in die hoofstad in hegtenis geneem nadat hulle vir ’n kort rukkie betoog en baniere op lamppale vasgemaak het.

Die voorval het hom gisteroggend afgespeel twee dae voor die amptelike opening van die Olimpiese Spele.

’n Slagspreuk op die een banier het gelui “Een wêreld, een droom: Bevry Tibet”, terwyl die tweede een, ook in Engels, gelui het “Tibet sal vry wees”.

’n Derde banier het in Chinees gelui “Bevry Tibet”.

Die groep studente wat hulle beywer om Tibet te bevry, het in ’n verklaring gesê die baniere was vir ongeveer een uur op die lamppale te sien, maar volgens die polisie was dit net vir 12 min. daar.

Volgens die nuusagentskap Xinhua het die aktiviste die land met toeriste-visums binnegekom.

Die studente is glo van die VSA en Brittanje.

Die amptelike webtuiste (www.tibet.com) van die Dalai Lama, Tibettane se geestelike leier, waarsku dat jou rekenaar beskadig kan word as jy sou poog om dit oop te maak.

Intussen het die Olimpiese fakkel gister in die hoofstad aangekom ná ’n reis van sowat 140 000 km.

Die fakkel is oor ses vastelande gedra sedert dit Griekeland op 24 Maart verlaat het.

Die fakkel het eergister inSichuan aangekom. Dié provinsie is in Mei deur ’n aardbewing getref. Sowat 70 000 mense het gesterf en minstens vyf miljoen mense is dakloos gelaat. ’n Minuut van stilte is inGuang’an vir die oorledenes gehandhaaf.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |