Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Freeman se huwelik ná 24 jaar op ’n einde
Los Angeles. – Die akteur Morgan Freeman gaan ná 24 jaar se getroude lewe van sy vrou skei, het Access Hollywood eergister berig. Die Oscar-wenner en sy vrou, Myrna Colley-Lee, “is betrokke in ’n skeisaak”, het mnr. Bill Luckett, Freeman se sakevennoot en prokureur, gesê. Hierdie nuus kom terwyl Morgan (71), ná ’n motorongeluk Sondagnag in Mississippi, in die hospitaal herstel. Hy het bestuur en sy passasier, me. Demaris Meyer (48), is ook beseer. Die New York Post het berig dat Meyer ’n vriendin van Colley-Lee is en die nuus oor die skeisaak het gissings aangehits dat Meyer in ’n romantiese verhouding met Freeman betrokke is. Freeman en Colley-Lee is in 1984 ná ’n verhouding van agt jaar getroud. Hy het vier kinders uit twee vorige verhoudings. Hy het in 2004 ’n Oscar vir Million dollar baby en in 1990 ’n Golden Globe vir Driving Miss Daisy gewen. – Sapa-DPA
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|