Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Dié onnies mag vuurwapens werk toe vat
Aug 18 2008 09:36:06:513PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Charles Smith

Washington. – Satanisme, gewelddadige videospeletjies en lirieke loop soos ’n donker draad deur die VSA se skoolslagtings die afgelope dekade waarin kinders en studente hul kollegas en leerkragte afgemaai het.

Minstens een van die VSA se skoolslagters, Luke Woodham, wat op 16 sy eie ma en nog twee kinders doodgeskiet het, het tot ’n sataniese organisasie genaamd The Kroth behoort.

Woodham het in sy verhoor ná die aanval by die Pearl-hoërskool in Mississippi in 1996 getuig hy was vas oortuig Satanisme het hom “die krag oor baie dinge gegee”. Hy is deur ’n vriend gelok wat verklaar het Satanisme sal hom help en dat hy die “potensiaal het om iets groots te doen”.

Soos die meeste van die skoolskieters betrokke in 55 voorvalle sedert 1996 in die VSA en die wêreld waarin reeds 142 kinders en studente en 36 onderwysers en dosente gesterf het, was Woodham en sy maats behep met ’n alternatiewe kultuur van videospeletjies en lirieke vol verwysing na geweld en die dood.

Van die voorvalle – waarin nog tientalle kinders en leerkragte gewond is – was 11 in ander lande soos Skotland, Duitsland, Jemen, Nederland, Kanada en Argentinië. Die jongste voorval in Krugersdorp is sover bekend die 12de skoolaanval deur ’n leerling op sy eie skool buite die VSA. Die vrees vir skoolaanvalle is so erg in die VSA dat die beheerraad van die Harrold-skooldistrik in Texas die afgelope naweek besluit het dat onderwysers voortaan vuurwapens skool toe kan neem om skoolaanvallers te skiet.

Kenners waarsku al sedert die eerste massaslagtings 12 jaar gelede dat die skielike blootstelling aan geweld en toenemende druk kinders laat ontplof. As iets gebeur – soos as ’n vriendin hulle afsê of hulle geboelie word, soos wat in die meeste gevalle gebeur het – “skakel hulle af” en wend hulle tot geweld.

Kip Kinkel, wat in 1998 sy ouers platgeskiet het en toe 24 leerlinge in Springfield, Oregon, geskiet het (twee is dood), het eers die jongste episode van South park langs sy ouers se lyke gesit en kyk terwyl hy beplan het om sy skool aan te val.

Kinkel het gereeld na Nirvana se liedjie op die album Nevermind geluister met die woorde “Death/with violence/ excitement/ right here/ died/ go to hell”. Videospeletjies soos Mortal kombat, Quake en Doom was op feitlik al die eerste skoolslagters se lysies van stokperdjies.

Woodham het as lid van die sataniese groep The Kroth ’n spel genaamd Star wars met gelaaide vuurwapens gespeel – dit is as “Dungeons and Dragons op dwelms” beskryf.

Hy is deur ’n manipulerende vriend aan leringe van Hitler en Nietzsche bekend gestel en dit het hom oortuig “Satan is die pad” vir hom. Hulle het sy hond gemartel en verbrand voor hy wraak op sy gewese vriendin gesweer het. Woodham, wat drie lewenslange vonnisse plus 120 jaar tronkstraf uitdien, het graag na Marilyn Manson geluister – die sanger wat ook geblameer is vir die berugte Columbine-aanval op 20 April 1999.

Die Columbine-aanvallers Eric Harris (18) en Dylan Klebold (17) het heeltyd gewelddadige video’s gespeel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |