| |
|
the devil made me do it, 20/08/2008, Realisties
The devil cannot infringe on your free will. Neither can a group of pretentious masked clowns. It is, however, quite possible to descend into a (lower) state of consciousness where delusions and hallucinations mark your daily reality - regardless of your religious orientation. It's a downwards spiral until your emotional and thought-systems go haywire. I am by no means debunking actual supernatural involvement. When you fall into such states of consciousness it is sharky waters, i suppose. So please look past the smokescreen first.
I'd also be more worried where he bought the ninja swords. I was at "funfair" recently, and there was a stall selling lethal oriental weapons. I mean, it's fine if you're a ninja turtle, but what's a kid going to do with a nunchucks.
Anyway.. my 2 cents.
PS Anti Christ. You are clearly mad at the Christian church. What happened? Christ clearly tried to uplift and evolve the consciousness of mankind. If you think it's stupid to show love to your neighbor, help needy, be non-judgmental etc - then you have contradicted yourself.
|
|
KRUGERSDORP IN ROU, 20/08/2008, Sharon
Aan almal betrokke, (Vanaf die skool tot en met die laaste mens). Ons gebede is met julle almal. (Ons wil ook ons borste uitstoot dat ons sulke DAPPER SWART SKOOLWERKERS HET), dankie vir julle vinnige optrede anders was daar dalk 2 oorledenes. Julle het nie eens gedink aan julle eie lewens nie. Dankie aan julle. Ek hoop President Tabo Mbeki skenk 'n medalje aan julle albei. God hou julle almal betrokke, in die palm van Sy hand, en gee julle die nodige krag om deur die vreeslike gebeure te kom. Die Satan het gepleeg, God sal oordeel, en ons moet aanvaar wat met die jong man gaan gebeur. Sterkte aan al die matriekulante gedurende julle eksamens, dit gaan vir julle moeilik wees om te leer en te skryf maar God is met elke een van julle.
|
|
Slipknot: Swaard-aanval op webtuiste bespreek, 20/08/2008, quintin
mense blameer musiek vir hul aksies...nou weet ek hoekom daar gay mense is, hulle luister seker na westlife en eden.
hel (no pun intended), wanneer sal mense verantwoordelikheid neem vir hul eie aksies.
as jy iemand wil blaam, begin by die ouers en dalk die skool, en sommer by jouself
|
|
Musiek, 20/08/2008, Patrys van Zyl
Ek is vandag al 35.Van my kinder dae af het ek al geleer jy luister nie na sulke musiek nie.musiek kan die duiwel in jou laat bly.Dit is nou maar net so, 'n saadjie wat gesaai word moet tog groei.Slipknot plant die saadjie, jy luister elke dag daarna(jy gee saadjie water).NATUURLIK moet hy groei
|
|
KEUSE!, 20/08/2008, Rose Witbooi
Ons kan nie Harmse se ouers blameer vir wat gebeur het nie. Hy is al 18 jaar oud en het self die keuse gemaak om satan te aanbid, tien teen een het sy ouers nie eens geweet dat dit sy geloof is nie. GOD is baie regverdig en ek hoop dat ons kinders en van ons ouers begin nou sien hoe belangrik dit is om nie met die genade van God te speel nie en ook moet hulle,hulle besig hou met die dinge van die Here want hy is ons REDER en ons HOOP VIR ALMAL VAN ONS IN ONS LAND. DANKIE!!!
|
|
die engels man noem dit 'n , 20/08/2008, Johan
Ja nee, blameer eerder 'n Amerikaanse pop groep in plaas daarvan om die regte probleem te konfronteer. Ek stem 100% saam dat swak ouerskap en geestelike probleme die oorsaak is vir die tragedie. Mense laat TV hulle kinders groot maak en wanneer so iets gebeur dan wil hulle vingers punt. As hulle hul eie kind geken het sou hulle al lang al gesien het daars 'n paar skroewe los en as hulle enigsins belang gestel het het hulle iets daar aan gedoen. Hierdie "band" verkoop miljoene der miljoene CDs op 'n daaglikse basis, hoekom het net 'n handvol luisteraars sulke geweldige rieksies? Hou op die "duiwel" te blameer vir jou eie sondes.
|
|
Nog `n ding, 20/08/2008, Stephan Holtzhausen
Bietjie extra op my vorige kommentaar... as die musiek dalk Creed of Nickleback was? sou hulle ook satanisties gewees het?...Net soos Evanecence geblameer word vir kinders wat hulle self sny?...Ons het vry wil gekry! Mense gebruik net verskonings omdat hulle geen verduideliking het vir goed wat gebeur nie...Osama Bin Laden...Hy's die duiwel...George Bush...vir sommige mense is hy die duiwel...As mense nie iets kan verduidelik nie is dit van Die DUIWEL AF... PS: Hou nie van Joey se masker nie maar sy uitsig beeld nie dit van die hele groep uit nie dink so daar aan...terloops ek hou nie van afgewaterde afrikaanse musiek nie...beteken dit dat hulle volgens my ook van die duiwel af is omdat ek nie van hulle hou nie???...
|
|
Swaard Aanval, 20/08/2008, MJB
Dit gaan glad nie help aanhou vinger te wys nie. Ek stem saam met IV se kommentaar die duiwel gebruik baie verskeie dinge om 'n opening en vatplek te kry in 'n mens se lewe en glo my hy sal 'n vat plek kry!!
Ek verstaan ook nie hoe die ouers kan toelaat dat swaarde in die huis aan gehou word. Al was hy seker 'n baie stil seun in vandag se tyd waar inbrake en moorde in ons huise plaasvind,wat as 'n inbraker daai selfde swaard gebruik het om hulle in hul huis aan te val?
Dis baie hartseer wat gebeur het, maar ons moet onthou die duiwel is magtig, maar die HERE is ALMAGTIG!!!
|
|
Skole sonder Bybel onderig., 20/08/2008, Leon Truter
Ek voel net dit sou nooit gebeur het as die regering die besluit gemaak het om Godsdiens onderrig uit alle skole te hou nie. Ek was in die web tuiste van die popgroep en met groot skok het ek agter gekom dat satan 'n groot deel van die groep se bestaan is. Die beelde en musiek laat mens dit verstaan dat Christenskap nie deel is van groep nie.
|
|
Nuwe Inligting, 20/08/2008, Anoniem
Ek wonder maar net...toe die ma van die moordenaar ingelig is oor wat gebeur het, was sy onder die invloed en het gesê dat sy nie geweet het waarmee hy besig is nie en kan nie blameer word nie, want sy het nooit in sy kamer in gegaan nie. I rest my case....
|
|
Blaam Speletjie, 20/08/2008, PJ
Ek het 'n plan: Kom ons blameer Kurt Darren se liedjie "Loslappie" vir al die seksuele losbandigheid in Suid Afrika, Bok Van Blerk se "De La Rey" vir rassehaat en Robbie Wessels se "Leeuloop" vir openbare onsedelikheid...
|
|
Anti-Christ, 20/08/2008, Nina
Hi shame Anti-Christ, jy klink na 'n baie verbitterde en eensame persoon, seker omdat jou taalgebruik nie so watwonders is nie? Hoekom mag jy oordeel, maar ander mag nie? En asb. los my GOD uit - HY het jou absoluut niks gedoen nie!!!!!!!!!!!!
|
|
Mense wat nie weet waarvan hulle praat nie, 20/08/2008, Stephan Holtzhausen
Mense wat sê Slipknot is verantwoordelik vir dit wat gebeur het en mense wat se slipknot maak deure oop vir satanisme weet nie waarvan hulle praat nie...en ek voel jammer vir hulle want die mense onderskat die mag van God...want as hulle se dis die duiwel wat mense goed laat doen beteken dit dat HULLE GLO God het nie die duiwel oorwin nie en dat God nie sterker as die duiwel is nie!!!! so dink bietjie oor wat julle sê...Ek luister Slipknot en ek lees my bybel en ek gaan kerk toe...hou op om mense wat anders is te blameer vir die boosheid wat IN mense self is...die duiwel maak jou niks doen nie hy het geen mag oor niemand nie...lees bietjie jou bybel dit sal dalk help...haal die balk uit jou eie oog uit voor jy die splinter uit `n ander s'n haal.
|
|
Slipknot...devils product, 20/08/2008, samantha
To start i want say that it is not the parents fault, you can't keep our kids away from world. But you can put a stop to all the things that ruin the "purity" of the kids. Why would you make a mask of Jesus,ect. It is absurd that they make such a mask, for he died on the cross to stop the evil ways of people. I think this band must be banned from socialty, it is not music, it is worship of weakness. May justice prevale..
|
|
Slipknot, 20/08/2008, Yolandi Wolfaardt
Ek stem saam met baie van die mense waar was die kind se ouers ek is self 'n ouer en ek kan dadelik agter kom as iets my kinders pla of as iets nie pluis is nie hoe kan ouers so blind wees ek voel net hulle moet saam met die kind onder kruis verhoor gehou word want hulle is net so skuldig as wat Morné is maar God slaap nie ek hoop net dat dit dit nie te laat is om die kind te red nie.
|
|
Dankie tog vir CVO skole, 20/08/2008, Ben Bravo
Die nuus van die satanistiese kind wat by 'n skool in Krugersdorp 'n ander kind gedood het met 'n swaard het 'n skudding veroorsaak.
Verskeie verwyte word rond gegooi oor die redes vir die "aanval". Die DA se woordvoerder reken dit is die skool se skuld aangesien die skool se sekuriteit nie na wense is nie. Daar is persone wat van mening is dat dit die ouers se skuld is. Dat die ouers die kind nie moes toelaat om na sekere musiek moes luister nie.
Ek is egter van mening dat dit die ANC se skuld is. Die ANC het ons eens Christelike staatskole verander in satansneste.
Hierdie insident is ook nie ge-isoleerd nie. Krugersdorp staatskole was die afgelope tyd heelwat in die nuus. Daar was die vyftienjarige van Hoërskool Jan de Klerk, wat vir 15dae soek was. Ook was daar die twee meisies wat hulleself opgehang het en in 'n brief verklaar het dat dit vir hulle beter was om hulleself dood te maak as om in die mag van satan te beland.
In die goeie "ou" Suid-Afrika was daar nie sulke probleme nie. Die "nuwe" Suid-Afrika het hierdie probleme veroorsaak. Daarom ook dat CVO skole geskep is, om ons kinders te beskerm teen hierdie gevare.
Dankie tog vir CVO skole!
|
|
Satanistiese Moord!!!, 20/08/2008, S du Plessis
Ek voel regtig jammer vir die seun wat vermoor is se familie. Morné verdien niks minder as lewenslange tronkstraf nie. Dis 'n arme jong kind wat se hele lewe nog voor hom gelê het, wat onnodig van hom af weggevat is. Daar is ook geen verskoning vir wat Morné gedoen het nie, kan ook niemand of niks blameer daarvoor nie. Die skool geweld ruk nou hand uit daar moet 'n stop daaraan gesit word. Hoe gaan dit wees in 2020 waneer my kinders hoërkool begin? Genoeg is genoeg! Ouers let asseblief op as jou kind se gedrag skielik verander, kry hom/haar by 'n sielkundige voor dit te laat is.
|
|
Swaard-aanval, 20/08/2008, Deirdre
Die probleem met hierdie tipe van insidente moet nie net voor 1 persoon / instansie se deur geplaas kan word nie.
As 'n mens kyk na Morné Harmse (18) wat hierdie gruweldaad gepleeg het, het ek ook maar my eie opinie daaromtrent.
Punt 1: Sy ouerhuis. Ek weet absoluut niks van sy ouerhuis af nie, maar ek glo vas dat as daar goeie kommunikasie tussen hom en sy ouer / ouers is, sou sy ouer / ouers lankal lont geruik het. Wanneer laas was sy ouer / ouers in sy kamer om te sien wat daar aangaan? Wanneer laas het hy & sy ouer / ouers werklik met mekaar gesels?
Ek kry tog sy ouer / ouers jammer. Ek weet hulle aan deur hel!
Ek het self 2 kleinerige kinders (9 & 12). Ek & my man maak 'n punt daarvan om gereëld kommunkasie te hê met hulle. Speel eerder speletjies met hulle, doen dinge saam met hulle, lees boeke saam met hulle, ens., ens., ens. Ek weet dis nie altyd so maklik nie. Ter loops, die TV word GLAD NIE deur die loop van die aand in ons huis aangeskakel nie. Hulle mag naweke TV kyk (ek en my man monitor wat hulle kyk).
Punt 2: Dissipline. Morné het 'n ernstige tekort aan dissipliene in sy lewe. Ek weet hoe belangrik is dissipline in 'n mens se lewe. En nie net in jou ouerhuis nie. Die skool, die kerk, die gemeenskap, jou maats, ens., ens., ens.
Punt 3: Die skool. As jy in die oggende of pouses by die skool kom & jy soek 'n onderwyser wat toesig hou oor die kinders, vind jy uit dat die verantwoordelikheid van die toesig word oorgegee aan die skool se leiers (die prefekte). Ek vra jou met trane in my baba blou o¨ Hoe kan jy die verantwoordelikheid van toesig oorhandig aan die skool se leiers?! Dit gaan by AL die skole so. Indien ek nou 'n skool beledig wat se onderwysers wel toesig hou, vra ek werklik nederig om verskoning. Die leiers kry die verantwoordelikheid & die onderwysers sit in die personeelkamer (weet sowaar nie waarmee hulle hulself besig hou nie). Toe ek op skool was (1976 - 1987), was daar altyd ten minste 2 onderwysers op die gronde aan diens - voor skool & tydens ELKE pouse. En daar was nooit sulke moeilikheid nie. Die ergste moeilikheid was dat iemand skelm gerook het. En in uitsonderlike gevalle het 2 seuns 'n bietjie handgemeen geraak, maar hulle is gewoonlik vinnig vasgevat.
Morné het met 'n swaard by die skool aangekom. En met 'n gesig wat pikswart geverf / gekleur was. Wil jy regtig vir my sê dat niemand dit raakgesien het nie? Enige persoon met oë in sy kop, sal mos kan sien iets lyk nie lekker nie.
Punt 4: Die kerk. Wanneer laas was Morné in die kerk (wat Christus / God aanbid)? Wanneer laas was die jong man by enige van sy kerklike aktiwiteite betrokke?
Dus, wat ek wil sê is dat die skuld vir wat daar gebeur het, voor die deur van baie mense & instansies gelê kan word. Hierdie is maar net my beskeie opinie.
|
|
Regering se skuld ook!!, 20/08/2008, Charles Thomas
Stephan, as jy skrik, skrik net wakker. Natuurlik het die regering 'n groot bydrae tot die gebeurtenis. Dis hulle wat godsdiens uit die skole gehaal het, dis hulle wat aborsies gewettig het, dis hulle wat lyfstraf verbied, dis hulle wat sorg dat alle standaarde verlaag en dat ouers wat hul kinders wil tug, vervolg kan word. Dis wat gebeur as 'n land verval omdat die staat alle verkeerde dinge toelaat en die goed wat waardevol is laat verval?
|
|
Swaard-aanval, 20/08/2008, Cecile
Ek weet nie wat om te dink van die musiek of wat verkeerd gegaan het in Morné se lewe nie. Al wat ek weet is dat my pragtige kind nou 2 jaar oud is en ek is ongelooflik bang vir die toekoms wanneer ek hom skool toe moet stuur. Gaan my kind veilig wees in die skool? Daar was vandag 3 berigte in beeld van kinders by skole wat mekaar aanval met messe, swaarde en pistole. Wat gaan aan?
Vir die familie van Jacques, my innige meegevoel vir julle en mag God by julle wees in julle hartseer. Vir Morné wil ek graag sê, ek hoop jy vind God in hierdie moeilike tyd wat vir jou voorle. Jy moet net een ding onthou. God is nou jou enigste uitweg. Ek dink jy moet vergeet van die satan gemors, hy het jou nogal diep in die moeilikheid gebring. Laat mens nogal dink né ???
|
|
Die blame op die verkeerde plek soos altyd!, 20/08/2008, Dewald
Ag wat, jul almal blameer die "heavy" musiek want jul het nie 'n antwood op wat gebeur het nie. Ek luister "heavy" musiek al vir jare maar ek hardloop nie rond en maak dood nie, musiek groepe soos Slayer en Slipknot maak goeie musiek. Voor jul almal die blame op hul wil sit kyk eers wat aan gaan. Dis die sele as wat jy se "video games maak ook dat moord gebeur". Die "games" is als fiksie en stel niks voor nie. Daar was heel warskynlik op die jong man altyd gepik to verloor hy dit! Niks te doen met musiek nie!
|
|
gemors-maar????????????, 20/08/2008, silvia
ek stem saam met die meeste wat nou al kommentaar gelewer het oor die so genoemde "Slipknot".dit is sowaar die grootste gemors. ek het 'n dogter wat ook binnekort haar tiener jare moet bereik, en glo my ek sou n probleem daarmee sien as my dogter die tipe "scrap" moet luister-maar dan moet ek ook net by sê: 'n mens kan nie altyd verskonings soek vir 'n kind se gedrag nie. elke kind moet verantwoordelik wees vir sy eie dade, en kinders behoort ook op die HARDE manier gestraf te word-dinge ruk nou hand uit, omdat daar geen orde meer onder kinders is nie-HUL die BAAS en kla.
|
|
Blameer dit op Nike, 20/08/2008, Klitsnot
Ek dink dit is uiters onverantwoordelik van Nike, Adidas en ander maatskappye om nie verantwoordelikheid te aanvaar vir Morné e dade nie. Hierdie maatskappye is al oor en oor bewys dat hulle alles enigiets sal doen vir monetêre gewin en dit is Duiwels as jy my vra. Die feit dat vandag se jeugdiges hierdie handelsmerke so graag aanhang is 'n teken dat hulle onder hierdie Sataniese mag van die handelsmerke swig.
Slipknot? Hoekom sal iemand hulle nou verkwalik? Net oor Morné 'n masker gedra het wat ooreenstem met 'n masker van een van die groeplede? Wat van die skoene en klere wat hy gedra het tydens die aanval? Om nie eers te praat van die aanvalswapen nie!
Wat van al die geweld in TV programme, nuusgebeure, geskiedenislesse in die skoolleerplan? Hoekom kry geen van hierdie bronne enige skuld nie?
|
|
Rock 'n Roll Fan, 20/08/2008, PJ
Om uit te brei op Brian se standpunt: Die Beatles was verantwoordelik vir die verskriklike grusame Charlie Manson moorde in Hippie tyd Amerika. Vandag luister heel beskaafde grootmense en ouers na hulle musiek. Hulle speel selfs die Beatles se musiek op RSG en dit dryf niemand tot moord nie. Kom aan mense, word groot!
|
|
HTS NIC DIEDERICKS, 20/08/2008, Sam
Aan die Hoof, Mnr Redelinghuys, personeel, leerders, ouers, vriende. Ek bid vir julle almal, mag julle die liefde van die Here om julle ervaar elke tree in hierdie baie baie moeilike tyd!Ek kan myself nie indink deur hoeveel hartseer u elkeen gaan elke oomblik. Die Here sal jul toevou in SY HAND, en julle almal vertroosting gee. Ek bid vir Jacques Pretorius se ouers en familie. Ook vir Morné Pretorius en sy ouers en vriende. Sterkte vir elkeen van u!
|
|
Slipknot, 20/08/2008, Colette
EK is self 'n ma met 'n tiener wat na hierdie heavy metal snert luister. En elke keer as my kind na sulke musiek luister is dit asof alle hel in hom los bars. Hy is 'n goeie kind met goeie gedrag en hy presteer ook glad nie sleg op skool nie. Hy gaan gereeld saam ons kerk toe en geniet dit om eerder by die huis te wees as om saam sy maats in die straat rond te hang al is hy 16, maar heavy metal musiek bring die lelik in my kind uit! En veral slipknot se musiek daar is defenitief iets in die woorde of iets wat in die onderbewussyn gaan vassteek want daar is dadelik 'n gedrags verandering as hy na dit geluister het. Dit is asof hy nie weet wat om met homself aan te vang nie. En na wat Maandag gebeur het, het ons (ek en my man) dadelik van die gemors ontslae geraak en ook dit van sy i-pod, mp4 player en ook die cd's wat hy gehad het verwyder uit sy kamer in dit vernietig, en glo my die rustige kind is terug in my huis.
Ek raai alle ouers aan om mooi te kyk na jou kind se gedrags patroon en onthou ons MOET tyd maak in hierdie dol wêreld vir ons kinders want anders handig jy hulle oor aan die verderf. Ons as ouers gaan eendag voor God moet staan en rekenskap gee oor ons kinders en die opvoeding wat ons as ouers vir hulle gegee het. Wat gaan jy sê as jy daar staan? Moenie dat julle daar staan en nie weet wat om te sê nie. Begin vandag, hanteer die kinders anders en gee vir hulle tyd en aandag en die opvoeding wat elkeen van hulle op die regte pad hou naamlik die woord en skeppende krag daarvan en leer hulle om te bid en die Here se naam aan te roep sodat hulle nie sal afdwaal nie. Die Here verwag dit van ons, ons wat kinders van die Lewende God is moet gehoor gee en ons kinders op die regte pad hou.
|
|
slipknot, 20/08/2008, Chris Jay
Musiek word in baie van die gevalle altyd die skuld gegee.. Dit is nie musiek wat mense dood maak nie maar mense,selfde soos wapens wat nie mense vermoor nie,maar die persoon met die wapen in die hand.. Musiek word dalk gesien as 'n maklike verskoning..Dink die vinger moet meet gewys word na die ouers..
|
|
, 20/08/2008, Cheyhanne Viljoen
Om te bespiegel gaan nie die probleem oplos nie. Ouers wees meer deel van jul kinders.
En vir Anti-christ ons God "Jesus Christus" waarna jy verwys is 'n lewende God en het vir ons sondes gesterf.... maar ons lei ons eie lewens en as Christene sal ons self verantwoording doen vir ons sondes. Niemand het die reg om te oordeel nie behalwe Jesus Christus alleen.
|
|
Anti-Christ, 20/08/2008, Dimples
Anti-Christ, ons almal het die reg om ons gelowe te kies, maar al wat ek vir jou kan sê is: "Sterkte"! Duidelik het die klappe nog nie van jou oë afgeval nie!
|
|
Slipknot, 20/08/2008, Deidre
God het aan elke lid van Slipknot 'n gesig gegee as deel van hulle liggame. Of hierdie lede nou mooi of minder mooi gesigte het maak nie saak nie... hulle gesigte sal altyd steeds mooier bly as die demoniese maskers wat hulle oor hul GODgeskape gesigte trek.
|
|
Opening vir die bose, 20/08/2008, IV
Die duiwel gebruik baie verskeie dinge om 'n opening en vatplek te kry in 'n mens se lewe. Net so het die duiwel 'n vatplek gekry in die jong seun se lewe deur musiek. Ons moet elke dag bid dat ons en ons familie deur die bloed van Jesus beskerm sal word. Dan maak dit werklik nie saak wat die duiwel probeer nie - God sal jou beskerm. 'n Mens moet natuurlik ook nie moeilikheid soek nie. As jy jouself gaan oopmaak vir die bose (via musiek, films, boeke ens) dan gaan hy op een of ander manier 'n houvas kry om jou. Daar is 'n spreekwoord - wat jy insit is wat jy uitkry. So as jy jouself "volmaak" met die bose...
|
|
SLIPKNOT - Lirieke, 20/08/2008, Common Sense
Kyk, meeste van die geldige opinies is reeds gelug, maar kom ons wees eerlik. Dis nie NET bands soos Slipknot se skuld nie en dis ook nie NET die ouers se skuld nie. Wie van julle weet dat een van Slipknot se songs se lirieke iets lees soos: "I want to cut off your head and F#$!@-K the wound!" Is dit nie juis wat subtiel na die optrede kon lei nie? Gekoppel met intense verwerping, swak ouerskap, okkultiese bedrywighede (goed in sy kamer gekry) en bangbroek vriende wat nie wou ingryp toe hulle sien iets is fout nie? Plus die feit dat die moderne samelewing vir goed met God "klaargespeel" het en ons eie gode wil wees. MY MAGTIG die NG Kerk wil dan 'n kommitee opstel om te ondersoek of die "Satan" nog bestaan?? Ek wil vir hulle sê hy was in Krugersdorp die week. Hy het wel nie horings gedra nie, maar hy het gemanifesteer omdat ons so "slim" is dat ons die geestelike realm afmaak as kinderdinge...
Thomas Jefferson het gesê "What scares me the most is that God is just, and His justics can't sleep forever..."
|
|
ANTI-CHRIST jou duiwel is sigbaar, 20/08/2008, Deidre
Anti-Christ vir jou moet jou duiwel sigbaar wees in alles wat jy doen om jou te laat GLO. God ons Hemelse Vader hoef nie sigbaar te wees om ons te laat glo dat Hy (GOD) in en om ons is. My seun het in Maart '08 selfmoord gepleeg wat ek glo ook deur Satan geïnspereer word. Dis net Satan wat jou in jouself sal laat twyfel en jou sover sal dryf om so IRRASIONEEL op te tree deur moord en selfmoord te pleeg. Mense wat dit doen glo nie eers in hulself MAAR God wat hierdie mense geskape het glo in hulle want Hy het hulle lief. Ek is nie daar om Morné te oordeel nie, ek sien net weereens die bose elemente wat hom gedryf het raak en besef dat dit werklik waar nie Christelike elemente was nie. Elke ouer het elke dag baie eksterne elemente wat teen ons Christelike opvoeding inwerk, ek vra daarom dat elke Christen daarom nou bid tot God om ons ouers te versterk teen hierdie elemente deur ons te seen met WYSHEID, INSIG en Sy Goddelike Genade om te volhard in Sy almagtige Naam as ouer vir ons kinders en nie vir Satan en sy trawante te vlug nie en so ewig op te staan vir God en ons kinders? Mag God jou siel genadig wees Anti-Christ!!!
|
|
Well, Well..., 20/08/2008, Anti-Christ
Hou op snert praat en blameer en begin eerder bid... kyk of dit iets gaan verander of help! Julle het almal die kat aan die G@# beet. Julle mense moet wakker word. Die duiwel is in julle almal! as ek dit nie mis het nie moet julle as sy kinders help, nie veroordeel en bewys wees van sy liefde deur voorbeeld te stel... te hell met julle. Kyk hoe praat julle oor iets wat geen sin maak nie. But everyone is a psychologist hey!! Ek sal nie 'n christen will wees nie al word ek betaal... julle is so vol leuns en oordeling die son kan nie oor 'n ander se kop skyn sonder om deur iemand se K@# te gaan nie! word groot!
|
|
MONITA, 20/08/2008, LBS
Monita, jy het my ook nou so nuuskierig dat ek net vannaand by die huis op my rekenaar na Slipknot se website gaan kyk! Jy het my lekker laat lag hoe jy dit gestel het. Maar my leuse is nog altyd : Weet waar jou kinders is, en met wie hulle te doen het. Verkeerde vriende is die grootste probleem en dis 'n ouer se plig om beheer daaroor te hê en 'n ogie te hou! Ek praat van ondervinding met my stiefseuns, toe dit te laat vir hulle was.
|
|
Lynni, 20/08/2008, Ansie
Lynni, ek is nie God nie, maar ek ken my 10 gebooie en wat Morné gedoen het was verkeerd, VERKEERD. Hy het baie trauma vir baie ouers en kinders gebring en BAIE hartseer vir die oorledene se familie. Ek mag nie oordeel nie, maar ek mag my opinie gee. Jy mag die wat opinie gee ook nie oordeel nie. Sterkte vir jou. Dit is duidelik jy is baie na aan die familie. Ek voel jammer vir sy familie - ek dink hulle gaan deur hel. Groete!
|
|
Blameer Slipknot of ouers??, 20/08/2008, Annelie
Hoekom moet daar altyd eers iets slegs gebeur voordat mense iets om 'n saak wil doen? Hoeveel jare is Slipknot se musiek al op die mark? Nou eers is daar fout want dit het moontelik veroorsaak dat 'n outjie iemand dood gemaak het. Mense dit help nie ons wys vingers na wie geblameer moet word nie. Ons is die wat weg dwaal van ons God. As jy die Regte pad loop en volheid vir Jesus. Wil jy na sulke musiek luister? Gaan jy sulke goed wil doen? Ek dink nie so nie. Ons moet weer saam Bybelstudie hou, na mense uitryk wat nie God ken nie. Dis tog ons doel om vissermanne vir ons Vader te wees. Die ouers is die wat moet begin besef hulle is besig om hulle kinders se lewens weg te gooi. Kyk net al die egskeidings, almal is te besig met ander dinge, het nie tyd vir hulle kinders nie, hanteer hulle kinders asof hulle vriende is, tug nie meer hulle kinders nie. Dit moet stop ouers hoef nie "cool" te wees onder hulle en ander se kinders nie. Wees 'n voorbeeld vir jou kind!
|
|
Swaard moord, 20/08/2008, Ann
Ek kan nie glo daar is mense wat beweer , die kind se ouers is nie verandwoordelik nie....natuurlik is hulle.Waar was hulle al die tyd wat hy hierdie "vreemde" gedrag ge openbaar het? Ons is almal verandewoorlik vir wat ons kinders doen, want ons moet hulle opvoed, groot maak en seker maak hulle doen wat reg is. Luister bietjie na wat Mike Bolhuis te sê gehad het oor sy kinders..(Glitterati 'n paar weke gelede) Glo my ek is oortuig hy sal nooit so iets beleef nie.
|
|
slipknot, 20/08/2008, perspektief
Ek stem 100% saam met PJ en wil net verder uitbrei deur te sê dat ons in sulke opwindende en relatief vreedsame tye leef vandag. Mense moet hulle tipiese "ou tannie kommentaar" vir hulself hou. Dit gaan geensins help om ons kinders daarop te wys dat hulle in sulke "gebroke en slegte tye" leef nie. My magtig die wêreld word ten spyte van die afskaffing van lyfstraf en wegneem van Godsdiens uit skole uit, by die dag meer beskaafd! Word wakker, besef dit, dank die Vader daarvoor, en dan eers probeer ons nog meer beskaafd raak!!! PS: TANNIE Regina PASOP DAT SLIPKNOT NIE DIE BEELD EN USELF DAGVAAR VIR NAAMSKENDING NIE!!!
|
|
Slipknot, 20/08/2008, DR
Ek dink die probleem le baie dieper. Dis niemand is spesifiek se skuld nie. Kinders wat verworpe voel, of nie deel is van 'n groep nie, soek ander maniere/plekker om aanvaar te word/deel te wees van iets. Dieselfde musiek het verskillende uitwerkings op verskillende mense, en hoe hulle op daardie stadium van hulle lewens voel. Dit is menslik om iets te soek om in te glo...en sou mens nie christelike standvastigheid he nie, dan kan mens baie maklik die verkeerde pad vat. Morné het die lirieke deel gemaak van wie hy is, en dit was vir hom reg op daardie stadium. Hy is maar net 'n kind...moet nog baie van die lewe leer. Is net jammer dit het die lewe gekos van ander kinders wat elkeen drome en vooruitsigte gehad het.
|
|
Slipknot ens, 20/08/2008, Werner
Die voorval is skokkend en natuurlik wil almal graag antwoorde hê. Mens moet versigtig wees om nie die saak heeltemal te vereenvoudig nie. Dit is maklik om Slipknot te blameer, of die seun se ouers, of 'n reeks ander faktore. Daar is sekerlik baie inligting waarvan die publiek nie kennis dra nie. Is Slipknot satanisties? Waarskynlik. Slegte invloed? Beslis. Die eenigste faktor wat hier 'n rol gespeel het? Sekerlik nie.
Die gereg sal wel sy gang gaan, soos dit behoort. Intussen behoort ons aandag te wees by die ondersteuning van die slagoffers en hul familie, asook die familie van hierdie seun wat sekerlik ook deur 'n baie moeilike tyd gaan.
Hoe gaan ons sulke voorvalle in die toekoms verhoed? DIT moet eerder die fokus wees. Watter aksie neem ons om ons kinders te beskerm en selfstandigheid en verantwoordelikheid te leer?
|
|
Slipnot (Snotklap), 20/08/2008, Brian
In die 50 -60 was Elvis van die duiwel, in die 70 - 80 was ACDC, KISS, Queen van die duiwel, al verskil is ouers het kinders verbied om na sulke snert te luister. Ouers moet weer betrokke raak in hul kinders se lewens. Terug na huis Godsdiens en nader aan mekaar lewe.
Dis al oplossing.
|
|
Slipknot NIE rede, 20/08/2008, Charlie
Oh, mense kan maar snaaks wees.Ok, luister. Dit is nie die musiek se skuld nie, maar die vriende wat geweet hy is "nie lekker" en die ouers wat swak opvoed en nie waarskuwing tekens kan sien nie. Gaan country musiek my op 'n perde laat spring? I don`t think so. Daar is baie erger bands daar buite soos Carcass, Cradle of Filth en Entombed. Hoekom word hulle nie skuld gegee nie? Oh, en hoekom word swaarde nie sommer verban nie? Hy het mos dit gebruik. Maar nee, dis mos altyd die musiek se skuld. Die siekste musiek daar buite is afrikaans remix albums, wat jou meer skade kan aanrig as rock. Hou op om agter die Bybels te skuil en erken dat almal die waarskuwings tekens van die arme kind gemis het en hom kon help. Kyk bietjie Bowling For Columbine, DIS wat julle hier doen!
|
|
Splinnot - swaardaanval, 20/08/2008, Jolandie
Ja, kom ons wees eerlik: Die band se musiek is glad nie iets nice nie. Dit is hulle aanhangers se keuse om dit te luister - en dalk moet ouers net bietjie meer ingaan op die saak en luiser wat hul kinders se musiek voorkeur is. Gelukkig sal ek nooit splitnot luister nie, dit is nou regtig gemors. Maar kom ons wees ook eerlik oor die volgende: dit is nie die band of skool se skuld wat gebeur het nie. Die skool voel HULLE moes dit vroeër gesien het, ens bla bla bla. WAAR BEGIN OPVOEDING DAN REGTIG??? Is dit nie die ouers wat by die HUIS hulle kinders op die regte pad moet hou nie??? Hulle waardes moet neerlê. Daar is struikel blokke ja, maar kinders is en sal altyd die ouer se verandwoordlikheid wees. Dalk is die ou betrokke gewees by satanisme - maar dit is net nog 'n vinger wat gewys word: Hoekom doen iemand nie iets aan satanisme in ons omgewing nie? Almal wys vinger: Dit is die musiek, Die skool moes die gesien het en lank al iets gedoen het, Satanisme....NEE - die ouers moes van die begin af gesien het dat daar groot fout was en hulle moes iets gedoen het...!! Maar nou het hy "ontplof" en nou...nou is daar ouers wat nie meer hul seun kan sien nie, wat so 'n verskriklike verlies het wat geen ouer eintlik ooit moet hê nie....ek wonder hoe sou dit gewees het as lyfstraf nog toelaatbaar was? Want ek sal - met alle eerlikheid - my kind met seer boude op die regte pad hou ongeag wat in die wet van die land staan!!! Want almal het mos regte...wat van die vermoorde seun? Wie staan op vir sy regte??
|
|
SLIPKNOT...SATANIES?, 20/08/2008, CHARLEEN
Verseker!! Ek het gister 'n e-pos ontvang met van die band se foto's en ek het gesidder en gegril vir die walglike spul. Seker het hulle nie indirek skuld aan hierdie voorval nie, maar het hulle 'n invloed op 'n kind se lewe gehad wat hom aanleiding gegee het om hierdie aanval deur te voer. Ons kinders is so kosbaar en ons as ouers het die verantwoordelikheid om ons kinders in die wêreld van God groot te maak. Morné se mammie en pappie, waar was julle? Hoekom hoor ons niks van julle af nie? Skuldige gewete.... of val die appel nie ver van die boom af nie?
Ouers, julle moet julle kinders beskerm en bid dat hierdie rubbish hulle nie bereik nie. Satan is lustig en gebruik ons kinders omdat hulle so nederig en opreg is. Ek kry Morné jammer in die sin dat hy sy hele lewe weggegooi het maar hoop dat hy nie sommer ligtelik hiervan sal afkom nie. Jy moet darem baie ver van die pad af wees om sommer iemand anders se lewe te neem. Oor hierdie rock band wil ek net sê SIESTOG, MENS KAN SIEN OU DUIWEL WEET NIE VEEL VAN TALENT NIE, WANT DAAR HET JULLE BIETJIE AGTER IN DIE RY GESTAAN TOE DIT UITGEDEEL IS. JULLE MUSIEK SUIG SO OOK JUL IMAGE!
|
|
Ansie hou jou mond, 20/08/2008, Lynni
Ansie, wie is jy om sy ouers te blameer. Wie is jy om hom die ewige dood toe te wens. God? Jy praat glad afrikaans met die band. Hulle is engels en kan nie 'n woord verstaan. Kom ons los liewer ons wysheid vir die slim mense.
|
|
Krag in woorde, 20/08/2008, Anoniem
Ek sal nie sê; dit is net Slipnot se skuld nie dat hulle wel skuld daaraan het twyfel ek nie aan nie. Ek stem saam mense moet wakker skrik en besef watter krag daar in woorde is, of dit nou gesing of gepraat word dit het 'n defnitiewe invloed! Slipnot weet baie meer van die geestes wêreld as hulle "maggots"? Hulle ondersteuners besef nie eers wat in hulle gepomp word nie...
|
|
SLIPKNOT, 20/08/2008, LESLIE
VERBAN DAAI GEMORS DADELIK. LUISTER NET NA DAAI GEMORS WAT HULLE SKREE EN JY SIDDER KLAAR. HOE KAN KINDERS DIT HANTEER AS EK WAT 40 JAAR OUD IS NIE EERS DRIE SEKONDES HIERNA KAN LUISTER NIE .EN KYK HOE LYK DIE GOED , MENSE HIERDIE MENSE IS SATANS KINDERS
|
|
swaard aanval - slipknot, 20/08/2008, anoniem
hoe kan enige mens na sulke musiek anyway luister - jy kan nie eers behoorlik hoor wat hulle sê nie. en ek kan ook geen positiwiteit sien in die slipknot se musiek nie. die mense is duidelik nie positief oor hulle lewe nie wat dan nog Positief in die Here Jesus. Bo in die berig sê hy tog sy musiek is sy god??? ek is baie jammer vir die families wat hierdeur geraak word my innige simpatie met hulle. maar die outjie (harmse) moet nou vat wat na sy kant toe kom, jy kan nie sulke dade pleeg en dink jy gan weg kom darmee nie. dis net nie reg nie. hoop kinders het 'n groot les geleer... daar is nie beter as ons LEWENDE GOD NIE sit jou vertroue in hom en onthou niks is te groot om ooit na hom toe te vat nie hy sal jou laste vir jou dra jy moet net jou hart oop maak vir HOM
|
|
Masker Moord, 20/08/2008, Anoniem
ANSIE - Van watter planeet kom jy? Dink jy regtig Morné se ouers keur goed wat hy gedoen het? Ons weet nie wat in hulle huis aangegaan het nie, so hoe kan jy OORDEEL????? Vir al wat jy weet het hy heel normaal groot geword, hy kan `n afwyking hê. daar is baie dinge wat hierdie kon veroorsaak het. Hoe kan jy sê dit is Slipknot se skuld - baie mense reg oor die aarde luister dit en gaan kap nie ander mense met swaarde nie. Ek luister heavy metal, en is `n Christen, selfs my MA luister heavy metal en sy is soos 60. En hoe kan jy vir iemand sê hulle gaan "brand in die hel" - WIE IS JY OM TE OORDEEL. Almal hou op om die ouers die skuld te gee, EN die musiek. MORNE moet verantwoordelikheid vat vir sy eie dade, en net die HERE kan hom veroordeel.!!!!!
|
|
kind se ouers??, 20/08/2008, leslie dreyer
Die kind het duidelik probleme by die huis,...die kind is duidelik mal,en het sielkundige hulp nodig...dis siek wat gebeur het...maar ek dink dis als die ouers se skult,hyt seker niks aandag gekry nie en het dit deur die swaard-aanval probeer kry...ek hoop die kind kry die straf van sy lewe...
|
|
Soek net skuld by ander, 20/08/2008, Anti-Christ
Tipies hoe almal nou saam staan en skuld soek by die kastige invloede... maak oop julle oë. Hierdie kind het lank al hard geskree en niemand wou luister nie... nou sit julle met die storie. Dis julle skuld, julle kon nie sien of hoor nie.
Maar julle wil heiliger as heilig wees en agter bybels weg kruip... so waar was sy kerk en mede lede dan in die geval? hoe kan julle glo dis die musiek of wat ook al. Ek dink julle is almal die bewys vir wat vout is met die mensdom vandag. Waar is julle god nou?
|
|
Geen vingers kan gewys word nie, 20/08/2008, M de Beer
Almal moet ophou kommentaar lewer vir wie die oorsaak was. Dis nie binne ons om te oordeel nie maar ons kan hartseer voel vir ouers wat hul seun verloor het en so ook vir die ouers wie se seun die daad gepleeg het. Daardie seun het hulp nodig en ons moet bid dat dit wat dalk in hom is uitgedryf kan word. Ons moet elke dag net ons kinders aan die liewe vader opdra, want dit kan een van ons kinders ook gewees het wat die daad gepleeg het. Bid eerder laat die Satan sy pad vat en beskerm ons kinders. Alles wat ons tieners doen is nie modegiere nie. Dis ons wat alles toelaat en die duiwel oorhand gee. Almal moet eerder saamstaan.
|
|
Hy kort 'n pak slae, 20/08/2008, Chris
Ek wil nie se slipknot goed praat nie, maar daar is in ander lande ook heavy metal rock bands en daar is nie sulke voorvalle nie. Ons het as tieners ook na sulke bands geluister en het nie moord gepleeg nie. Blameer eerder ons eie land se korrupte samelewing, afbreek van gesinstandaarde, verlies aan dissipline en lyfstraf daarvoor. Die seun se verskonings is flou. Hy gebruik Satan en Godsdiens net as 'n troefkaart. Hy kort 'n behoorlike pak slae!
|
|
Satanistiese musiek, 20/08/2008, Regina
Die eerste tekens is gewoonlik ontkenning! Natuurlik sal hulle nie verantwoordelikheid aanvaar nie. Die musiek is satanies en die lirieke is skokkend om dit ligtelik te stel. Ons moet bid vir ons kinders! Morné is net 'n seuntjie - kyk hoe lyk hy! Ouers, luister na alles wat julle kinders na luister en na kyk en sien die gevare - mens moet die gevaartekens raaksien voor dit te laat is. Die groep Slipknot is satanies en van die pad af. As ek die ouers was sou ek Slipknot gedagvaar het - in Amerika dagvaar hulle mekaar vir enige iets - DAGVAAR SLIPKNOT!!!
|
|
Slipknot.....eisj!, 20/08/2008, Lindie de Lange
Hoe kan mens sê die ouens is nie verantwoordelik vir die aanval nie, wat het geword van deler is so goed soos die steler, die ouens is walglik en rerig,elkeen SAL sy eie pak dra. Hulle inisieer definitief nie die positiwe nie of hoe??OUERS...WAKE UP AND SMELL THE COFFEE!Kyk waarna jou kind kyk pas sensuur toe so ook na wat hy luister.
Kyk na die ouens se web blad www.slipknot1.com dit is satanies...as jy met vuur speel SAL jy brand.
|
|
Swaardaanval, 20/08/2008, Anoniem
Dink dat slipknot die grootste klomp gemors onder die son is, en nie veronderstel is om eers geluister te word nie, Hoe kan ouers laat hulle kinders na sulke duiwelse musiek luister. N onskuldige kind se lewe is weggevat, ek wil net my meegevoel gee vir die ouers van die kind wie se lewe geneem is.
|
|
Slipknot, 20/08/2008, NOname
Niemand kan Slipknot blame nie dis die seun se eie wil gewees om daai mascaraed te doen en besides wat gaan die mense volgende doen alle metal ban? mense sal nog steeds daar na luister al is dit geban.
|
|
Regtig?, 20/08/2008, Stephan
Ek is jammer maar na ek na almal se kommentaar gekyk het is "evident" en dit is dat niemand ruggraat het om verantwoordelikheid te aanvaar nie. Almal sal tot in lengte van dae vinger wys net om hulleself te sis. Ek is 23 en het al na enige band geluister insluitend Slipknot. Het ek al iemand doodgemaak? NEE! Het ek al verkeerde besluite gemaak? JA! En dit was my besluite, NIE my ouers sin nie, NIE my baas sin nie, NIE die staat nie (asseblief wat 'n belaglike comment). Mense moet besef dat besluite lewensveranderend wees en waar ek tog saam stem is dat ouers BETROKKE moet wees met hulle kinders en probleme soos die wat nie oor 'n aand onstaan het nie kan raaksien en dit aanspreek. Ja ek is 'n Christen vir julle wat wonder. Musiek moet waardeer word vir dit wat dit is en moet nie verwar word met 'n lewenswyse of Dogma nie. Is jy so swak dat 'n groep wat te skaam is om hulle gesigte te wys jou kan oorreed om te moor. Vat verantwoordelikheid vir jou besluite en jou aksies. Dit is as gevolg van die ruggraatloosheid dat ons sit waar ons sit.
|
|
Slipknot, 20/08/2008, Ella
Hoe kan enige mens na sulke musiek luister, ek het vanoggend na die video gekyk wat op beeld se webwerf is en kon sommer sien hierdie is van die bose. Ouers moet weer begin tyd maak vir hulle kinders en uitvind wat in hulle kinders se lewens aangaan, dan kan sulke goed verhoed word.
|
|
SLIPKNOT - KRUGERSDORP MOORD, 20/08/2008, Yolande
Met groot belangstelling het ek bietjie die web gaan surf en is dit so dat die groep slipknot nie verantwoordelik is vir die aanval nie maar 'n bydraende faktor - met hulle musiek maak hulle deure vir die bose magte oop en stel kinders hulle oop vir die duiwel - ek het van hulle lyrics gaan lees en is dit baie wreedaardig, verwys hulle tog na die duiwel en die "humongous hell". Verder beweer hulle op verskeie webtuistes dat hulle nie sataniste is nie maar dat hulle musiek hulle god is - nou ja daar is die antwoord - hulle is erger as die duiwel...... weereens dink ek nie hulle is direk verantwoordelik nie maar tog 'n bydraende faktor. Hulle maskers is regtig nagmerrie aanjaagend en behoort ouers te poog om hulle kinders hiervan weg te hou sover as moontlik - kom ons bid en vertrou dat ons Hemelse Vader almal wat hierdeur beinvloed is, die krag van bo sal ontvang en as sterker Christene anderkant sal uitkom - net God alleen het die Almag om die nodige vertroosting en lyding te bring......
|
|
slip knot - hoop julle trap in julle eie strik, 20/08/2008, Maryna
Skokkend toe ek my kinders meedeel van die geval. Hulle die musiek uitpluk en tot my ontsteltenis begin speel en amper in vervoering raak daaroor. Nietemin dis nou verban in my huis. Alles van slipknot word vernietig.
Jy hoef nie eers na die woorde te luister nie. Die musiek vertel alles.
Dis uiters walglik !!
|
|
Swaard aanval, 20/08/2008, Marinda Botha
Ek is nou al hopeloos siek en sat daarvan dat die ouers altyd uitgekryt moet word indien jou kind die slegste pad loop. Dink julle (almal wat vingers na die ouers wys) regtig dat Morné Harmse se ouers dit goedkeur? Hou asb. op om altyd die ouers te blameer oor die kinders se opvoeding. In die bybel staan om ons kinders te tug en die valse regering van ons se ons mag nie.....ons as ouers word voorgese hoe om jou kind groot te maak en as dinge verkeerd gaan dan word die ouers geblameer. Kom aan mense wees redelik geen ouer wil vandag in Morne Harmse se ouers se skoene staan, hou op klippe gooi. Aan die Harmse ouers, ek bid vir julle.......
|
|
Swaardmoord, 20/08/2008, Susan
Ek is ook 'n ouer van die hoërskool en wil net my kommer uitspreek oor dat hulle hom gaan toelaat om onder polisie bewaking eksamen te skryf dink die departement nie dit gaan ons kinders nog meer traumatiseer om te dink hy is weer op dieselfde perseel. Hy het ons kinders se lewens in gevaar gestel en dink hulle dis regverdig om dit weer te doen hy was in staat was om 'n moord te pleeg. Ek bid bid vir Jaques se familie dat hulle dit in hul harte sal vind om vir Morné vergewe want ek kan nie.
|
|
Heavy metal en satanisme, 20/08/2008, Reinardt
Ek luister al jare na Metallica en ander groepe, en om hulle te blameer vir die voorval is snert.Alles gaan oor persoonlike keuses wat individue in hul lewens maak, Morne het lankal 'n goeie pakslae nodig gehad, maar ons maak deesdae 'n slaphandjie generasie groot.
|
|
God Se?er, 20/08/2008, Ansie
Slipknot, julle is verantwoordelik. Vat verantwoordelikheid. God gaan seëvier en julle gaan seerkry. Bid vir vergifnis en hou op met julle gemors wat julle musiek noem. Word eerder pen pushers - dalk doen julle dit beter. Los julle drugs. Ek kry Morné se boetie jammer. Aan alle kinders - ek hoop julle het 'n les hieruit geleer. Bly weg van duiwels dinge. Bly weg van drugs. Dis eeeuuuwww! En glad nie cool nie. Aan sy ouers: Bid en probeer herstel waar julle gefaal het. Aan sy vriende - julle is net so skuldig - die dood kon verhoed gewees het. Morné jy verdien die ewige dood
|
|
Skande, 20/08/2008, Carina
Ek stem saam met Landi, wat gaan met vandag se kinders aan? Wanneer ek by mense kuier wat kinders met goeie maniere het, skrik ek my dood, want ek is nie gewoond daaraan nie, mens sien dit nie meer nie. Musiek het dalk 'n invloed gehad op wat gebeur het, maar ek glo dat 'n kind se optredes en maniere gebaseer is op hoe sy ouers hom grootmaak. Ek skaam my dood vir vandag se kinders, en die ergste, hulle besef nie eers hoe vieslik hulle optredes is en wat mense daarvan dink nie. Ek het nog nie kinders nie, maar die vet weet, wanneer ek het, sal hulle weet wat maniere is, en ek sal seker maak ek weet waarmee hulle besig is. Hoekom is Morné se ouers so stil? Het hulle dan niks om te sê nie? Nie eers aan die slagoffer se ouers nie?
|
|
slipknot/moord aanval, 20/08/2008, Anoniem
ek het vanoggend n epos gekry getitel satans brief. dit gaan oor dat hy jou siel wil het no matter what. hy haat als wat ons is en geniet dit as ons so te kere gaan met aardse goed. maar onder aan staan daar ps. if you love me don't send this. nou ek weet ek hou nie van om sulke eposse aan te stuur nie. maar ek doen eerder dit en maak mense bewus van wat hy dink van ons as om stil te bly en aan te gaan soos wat dit nou is. wel eks een mens maar weet ek kan 'n verskil maak in GOD se naam. die moorde en aanvalle wat nou gebeur is vir my so skrikwekkend ek meen toe ek op skool was en dis nie te lank terug nie.daar was net nie sulke goed nie. maar nou dat Godsdiens uit ons skole is maak almal absoluut net wat hul wil. tugtiging sal werk ja as dit weer terugkom. maar dink so daar aan ons moet eers weer GOD op sy regmatige plek plaas in ons lewens en in ons samelewing voor enige iets weer sal reg wees. dink daar oor. en dink waar GOD in jou lewe is op die stadium en waar wil jy HOM hê en waar wil jy wees eendag as jy nie meer lewe nie....
|
|
Slipknot, 20/08/2008, PJ
Ag asseblief mense. Finland het van die rofste Rock groepe ter wêreld, onder andere Lordi wat vir Slipknot sal bangmaak. Tog is daar geen sulke voorvalle daar nie. Slipknot is 'n ontalentvolle klomp sotte wat gemors musiek maak en kry op die oomblik hopeloos te veel publisiteit vir iets wat hul geen aandeel in het nie. Ek is moeg dat eksterne faktore altyd te blameer is waneer iets fout gaan. So ook het Nederland met al hulle pornografie van die laagste verkragtingsyfers ter wêreld en China met hulle wrede video speletjies feitlik geen geweld daar nie. Mense moet ook nie vir my vertel dat dit is omdat ons as Suid-Afrikaners nie meer Christelik is nie. Die Christelike Afrika is baie wreder as die meestal Ataistiese, Skandanawiese en Europese Lande. En dit is ook nie reg om mense in 'n land soos Suid Afrika wat baie getrou Kerk toe gaan en kinders wat in vergelyking met ander lande nog baie goeie waardes het te blameer nie. Verder moet ons ook perspektief hou, en in ag neem dat ons onsself in die relatiewe vreedsaamste tye in die geskiedenis van die mensdom bevind. Dit is nie eers 'n honderd jaar terug wat kinders mekaar in oorloë doodgeskiet en steek het nie. In geen manier sal ek ooit probeer regpraat as dinge verkeerd is nie, en ons moet aanhou streef om meer beskaafd te raak, maar om so negatief te praat oor "vandag se tye" maak kinders net meer depressief en moedeloos. Lees gerus Prediker 7:10 en hou perspektief.
|
|
Satanisme - Ateisme, 20/08/2008, roos
Ek haat hierdie groep met 'n passie. Dit is gruwelike musiek. Ek dink nie dat hulle blameer kan word vir hierdie voorval nie. Mense luister na hierdie musiek om verskeie redes. Dit is erg gewild en word gesien as 'n alternatiewe kunsvorm. Alhoewel dit my nie aanstaan nie, oordeel ek nie hierdie musiek nie.
Mense moet ook net waak om te sê dat sataniste in satan glo. Sataniste is Ateïste wat in geen god of satan glo nie. Ek het dit nagevors na die Deon Maas debakel.
Sataniste glo ons leef net eenmaal en moet al die sondes van die wêreld geniet. Daarom kan mens se Slipknot is seker satanisties. Hulle glo egter in niks bonatuurlik nie. Nie God of Satan nie. Hulle gebruik bloot die woord satan om christene verdag te maak en te treiter.
Hulle is 'n siek spul, maar ek dink nie ons moet so bekommer dat hulle oor enige bonatuurlike magte beskik nie!
|
|
Slipknot:GOD slaap nie, 20/08/2008, Marius
Alle sterkte aan die familie van die oorledene.Julle weet bring die DOOD STRAF terug,PAKSLAE en STRAF in die skole,dan praat ons weer. En bo als daai snert musiek,als behalwe luisterbaar en om dit erger te maak hoe kan mense na dit luister en nog bonop koop,dit is n hoop gemors koop die cd's en gebruik dit vir fire Lighters,dit is wat dit werd is.Die HEL se vlamme.
Maar in hoofletters "ONSE GOD SLAAP NIE,IN DIE HEMEL IS NIE.HY KYK NA ONS.
|
|
Slipknot, 20/08/2008, Charlene
Hierdie band se musiek is uit die bose. Dit is verskriklik! Ek is al 'n grootmens en sidder as ek dit hoor. Kan net dink watter uitwerking dit op sulke jong kinders het. Dis walglik!
|
|
Slipknot, 20/08/2008, frans
Daar is regtig verskeie faktore betrokke by hierdie grusame moord. Dit is al keer op keer bewys dat sulke aanvalle gewoonlik gepaard gaan met sielkundige en sosiale probleme. Ander faktore soos dwelms en moontlik musiek kan dalk die trigger wees. Om egter slegs Slipknot of die duiwel te blameer is onsinnig en kortsigtig.
Duisende jong mense (en oueres) is stoere metal fans in Suid - Afrika. Hierdie beweging is al jare bedrywig en weinig geweld is al ooit in die naam van die musiek gepleeg. Daar is elke dag 50 moorde in die land en die een voorval waar die woord "Satanistiese Musiek" genoem word, lok aanmerkings van Heiliges dat die musiek summier verban moet word.
Iemand gaan selfs so ver om te sê dat indien die groep Slipknot nie Christene is nie hulle Sataniste is... Wat 'n klomp bog!! Natuurlik is Slipknot nie Christene nie maar om hulle it te kryt as Sataniste is belaglik. Om ook dan te beweer dat hulle vir Morné aangesê het om te moor is lagwekkend.
Ek het niemand hoor sê dat godsdiens verbied moet word toe die Lotter Kinders hulle ouers vermoor het nie. Die kinders is ware Christene (DIe meisie se kêrel het dan geglo hy is die derde seun van God).
Julle probeer net sensasie inbring deur Satanisme en die donkerte te koppel aan iets wat julle nie verstaan nie!
Ouers kan gerus betrokke raak by hulle kinders. Vind uit waarna hy luister en hoekom hy daarna luister. Hou sy gedrag dop. Maar moenie nou al daardie Slipknot Cd's gaan verbrand nie.
En hou tog op om die Bybel in hierdie episode te plaas!. Ek dink nie hierdie geval is enigsins 'n mistieke stryd tussen bose en heilige geeste nie. Julle ruk wragtag die dam onder die eend uit met hierdie beweringe. Ja die seun het gepraat van "Satan" wat hom dit laat doen het. Glo julle wragtag nou die jong man se getuienis in sy bedwelmde toestand? Ander mense het al beweer God het hulle laat moor.
Moord is moord. Dit is siek, maar om ander te blameer (Selfs God of Satan) is 'n poging om die bal te verskuif vanaf individuele aanspreeklikheid!
|
|
Slipknot, 20/08/2008, Shaz Parfett
Ek glo nie 'n mens moet die ouers en onderwysers blameer nie, blameer liewer die Government want hulle gee die kinders te veel reg, jy mag nie meer jou kind tug of hard met jou kind wees nie dan word jy as ouer toegesluit, daar was nooit vantevore sulke dinge op skool gewees nie hoekom nou, want die Goverment dink hulle kan almal regeer van ouer wees na skool gee jy moet nou jou kind groot maak volgens wat hulle se dit is by tyd dat almal wat ouers is opstaan en se genoeg is genoeg dis die kinders wat daar onder ly en nie hulle nie. Laat ouers hulle kinders groot maak sonder dat julle inmeng dan sal daar nie sulke geweld wees nie, daar is tot kinders nou wat hulle eie ouers aanrand en weg kom daarmee, maar laat die ouer die kind tig dan sit jy in die tronk want die GOVERMENT se so. Ek kry die kind jammer want dis die siek wêreld wat ons in leef wat ons moet blameer daar is net geen meer geregtigheid nie. GOVERMENT HOU OP INMENG DIT IS NIE JULLE KINDERS WAT LY NIE DIT IS ONS KINDERS.
|
|
Slipknot: Swaard-aanval op webtuiste bespreek, 20/08/2008, Monita
Ek ken nie heavy metal bands, ens. nie, en uit blote nuuskierigheid het ek besluit om te gaan kyk na die website van bg. "band". Kyk mense, toe die spul goggas my rekenaarskerm binnedring, en die onaardse geluide uit my rekenaar begin kom, skrik ek myself heeltemal in 'n ander bloedgroep in! Ek het twee seuns en ek maak vandag 'n belofte - as een van my seuns dit waag om na daardie gemors te luister, slaan ek hulle g.a.t.t.e vuurwarm! Ek dink dit is tyd dat OUERS weer beheer oorneem wat dissipline en respek betref.
|
|
Swaard Moord, 20/08/2008, Gen
Ek wil graag net weet wat sê die ouers van hul seun wat daai arme skoolseun se lewe geneem het?
|
|
Slipknot, 20/08/2008, Ilze
Die groep "Slipknot" kan sekerlik nie direk blameer word vir die voorval by die skool in Krugersdorp nie, maar as ek lees watter beeld die groep uitstraal wonder ek tog oor hulle aandeel. In die eerste plek verwys hulle naam "Slipknot" na die tipe knoop wat gebruik is om mense te hang. (Gaan lees gerus na op Wikipedia). Tweedens om na hulle aanhangers te verwys as "maggots" gee al klaar vir my 'n goeie prentjie van wat hulle versinnebeeld. Dan praat ek nie eers van titels van hulle liedere soos "Execute" en "Dead memories" en 'n album met die naam "Mate.Feed. Kill"! Dis vir my genoeg bewyse dat die groep verseker nie goeie gedrag by hulle luisteraars aanmoedig nie! Dis altyd baie maklik om die blaam van kinders se swak gedrag voor ouers te lê, ja en niemand van ons ken die betrokke kind se agtergrond nie, maar moet ons as samelewing nie eerder saamstaan teen sulke blatante uitlewing van satanisme in vorme van Slipkont nie! Wonder maar net.
|
|
Slipknot, 20/08/2008, Priscilla
Waar is Morne se ouers? Het hulle absoluut NIKS agtergekom wat hul kind mee besig is nie? Ouers moet bietjie meer belangstelling toon in hul kind/ers se doen en late en so probeer 'n tragedie soos die te verhoed. As ouer myself maak ek dit 'n doel om uit te vind waarmee en wat my kind mee besig is, jy is immers hul ouer/ouers. Kinders word baie maklik beïnloed deur vandag se geweld en musiek en tv, ens. Dis tyd God weer plek in almal se huise neem en almal Hom as die Hoof van die huis weer inlaat, dis te maklik om God se pad byster te raak, ouers moet regtig harder probeer om hul kinders aan God op te dra, dis al hoe ons gered gaan word en tragedies voorkom gaan word.
|
|
Krugersdorp moord / slipknot, 20/08/2008, wessel
Ons lewe in 'n wêreld met weinig morele standaarde, dit bestaan amper glad nie meer nie en als wat afbrekend is, word heeldag in jou gesig en in jou keel af gedruk. Ek is glad nie 'n kenner op die gebied nie maar my gesonde verstand se vir my nadat ek na die slipknot video gekyk het, dat daar net NIKS goeds van dit ooit kan kom nie en dat dit direk van satan af is. Ek is volgens my vrou en baas baie onosel maar as jy vir my sê dat daai tipe musiek en 'n ding soos wat gister gebeur het geen betrekking op mekaar het nie (nadat die outjie die selfde masker op gehad het)nou ja....... Groete Die tande muis
|
|
Wat gaan met die kinders aan?, 20/08/2008, Landi
Wat gaan met vandag met kinders aan? Maar ons mag ook nie eens met hulle raas of Tug nie!!!!! Ek is bly ek is nie 'n onderwyser nie - baie kinders het nie maniere nie!! Praat met onnies assof hulle Pelle is.... Kinders loop 'n grootmens amper onderste bo in winkels en vra nie eers omverskoning nie!!! En musiek laat jou nie goed doen nie dis jou EIE SWAKHEID wat mens sulke goed doen.... Alles en almal word blameer vir wat mense doen, maar vra eerder hoekom is hulle so??? Dis emosioneel en geestelik - nie musiek, DVD of games nie!!! Kinders en mense het nie meer waardes en RESPEK vir ander nie!!
|
|
Swaard moord, 20/08/2008, Mershell Verster
Slipknot moet verban word hulle is oud genoeg om te besef die musiek wat hulle maak het nagevolge dis omdat hulle nie aan ander dink dat sulke dinge in ons skole gebeur nie die wyse waarop hulle sing(of altans skree want dit is nie sing nie) die slag spreuke wat hulle skree en selfs hulle maskers is nie voorbeelde vir die res van die wêreld om te sien nie taboo met hulle weg met hulle verdryf die duiwels.
|
|
SLIPKNOT, 20/08/2008, Louis Jordaan
KAN ENIGE REGDENKENDE MENS NA DIE GEMORS LUISTER.KYK NA DIE WOORDE EN LUISTER NA DIE GESKREE. DIT IS VAN DIE DUIWEL EN HOORT NIE IN S.A NIE.VERBAN DIT DADELIK
|
|
kyk na die feite, 20/08/2008, Maryke
Ek is absoluut geskok om te sien dat mense kan redeneer dat die musiek nie satanisites van aard is nie.
Mense het julle al ooit van hulle liedjies gehoor? Kyk net na die titels van hulle albums en liedjies, is julle rêrig so blind?
En dit is duidelik dat die groep besig is met ondergrondse dinge, kyk net na die hoof van die groep se woorde uit sy onderhoud "het ek besluit om minder mens te word." Vat dink julle bedoel hy hiermee?
Ek kan glad nie verstaan dat ouers hulle kan toe laat om na sulke gemors te luister wat geklasifiseer word as musiek nie!
Ek is self nog jonk ek het een keer een van hulle liedjies gehoor en glo my as jy daarna luister kan n mense sommer hoor dis ondergronds dit het my kriewelrig gemaak.
Ek dink rêrig ouers moet meer begin om gee vir hulle kinders, meer tyd saam met hulle spandeer dan sal sulke voorvalle soos maandag nie gebeur nie.
|
|
Slipknot: Swaard-aanval op webtuiste bespreek, 20/08/2008, Andre Viljoen
Slipknot kan maar se wat hulle wil en ontken so veel as wat hulle wil maar aan die einde van die dag is hulle nie christene nie en as jy nie vir God is nie dan is jy vir satan so hulle is vir satan want geen christen gaan maskers dra wat 'n afbeelding voorstel van Jesus met 'n doringkroon nie en hulle musiek kan die deur oop maak vir die satan punt.
|
|
| |
| Hierdie kommentaar fasiliteit is nou gesluit. |
|
|
|